Regter moes besluit om klagte teen Zuma terug te trek geneem het
Loading player...
Die DA se regverteenwoordiger in die sogenaamde spioenasiebande-saak voer aan dat die besluit om korrupsieklagte teen President Jacob Zuma terug te trek is 'n besluit wat 'n regter in 'n hof moes geneem het. Advokaat Sean Rosenberg het in die Hooggeregshof in Pretoria aangevoer dat die destydse direkteur van openbare vervolgings, Mokotedi Mpshe nooit die besluit self moes geneem het nie. Maryke Vermaak doen verslag.
Die DA se ses jaar lange regstryd teen Mpshe se besluit word voor ’n volbank regters aangehoor. Die DA wil hê die hof moet die besluit ter syde stel omdat dit glo irrasioneel en ongrondwetlik was. Mpshe het die aanklagte laat vaar omdat die besluit glo gemanipuleer is. Dit het gevolg nadat Zuma se regspan opnames van selfoongesprekke tussen die voormalige hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Bulelani Ngcuka en die hoof van die Skerpioene, Leonard McCarthy aan Mpshe oorhandig het. Die opnames - nou bekend as die spioenasiebande - het glo onthul dat Ngcuka en McCarthy saamgespan het oor die tydsberekening van die aanklagte om die uitkoms van die ANC se verkiesingskonferensie in 2007 te beïnvloed. Indien die DA die saak wen, kan die NVG besluit om Zuma van nuuts af aan te kla. Argumente in die saak word vandag tot Donderdag aangehoor.