
Meer kostebesparingsmaatreëls verwag tydens VS begrotingsrede
Loading player...
Vrystaatse LUR Elzabe Rockman gaan na verwagting vandag meer kostebesparingsmaatreëls tydens haar provinsiale begrotingsrede aankondig. Dit volg nadat die provinsiale tesourie reeds verlede jaar ‘n moratorium op die vul van nie-noodsaaklike vakante poste geplaas het. ‘n Proses vir die verifiëring van staatsamptenare is ook al in verskeie departemente begin om ontslae te raak van spookwerkers. EFF LPW, Kgotso Morapela, sê hy verwag egter nie dat Rockman drastiese stappe sal aankondig nie, soos om byvoorbeeld departemente te verbied om deel te neem aan 'n ontbytsessie, wat deur die Gupta-familie se koerant, The New Age gereël word.

