VS Griekwa-raad nie geken in vorming van nuwe party nie
Loading player...
Die Griekwa provinsiale raad in die Vrystaat is nie geken in die vorming van die nuwe politieke party - Khoisan Revolution – wat vanjaar vir die eerste keer aan die plaaslike verkiesing wil deelneem nie.
Dit is volgens ‘n lid van die provinsiale Griekwa-raad en hoofman van die Griekwa-huis in die Vrystaat, Eugene White. Die party, wat in Januarie gestig is en by die Onafhanklike Verkiesingskommissie geregistreer is, sê hulle het altesaam 25 000 betaalde lede en gaan fokus op sake wat die Khoisan, San en Griekwa-gemeenskappe raak.
White sê egter daar is nie veel steun vir die party in die Vrystaat nie.
Cathy Dlodlo/OFM Nuus