
Minder vertragings weens padwerke op die N1-snelweg die Paasnaweek
Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) sê motoriste sal die komende Paasnaweek met meer gerief en minder vertragings weens padwerke op die N1-snelweg tussen Gauteng en Kaapstad kan ry. ‘n Sanral-bestuurder in die Vrystaat en KwaZulu-Natal, Ravi Ronny, sê van die maatreëls wat in plek is, sluit onder meer in dat padverbruikers met elektroniese skyfies nie meer by die Vaal-, Verkeerdevlei-, en Brandfort-tolhekke in die Vrystaat hoef te stop nie. Voertuie sal outomaties by valhekke deurgelaat word omdat outomatiese betaalstelsels reeds by dié tolhekke in plek is. Dit sluit die Grasmere-tolhek in Gauteng in. Ronny sê Sanral weet hoe belangrik dit vir mense is om hul eindbestemmings veilig en vinnig te bereik.

