VS-busongeluk: Zuma woon begrafnisdiens by

Loading player...
President Jacob Zuma woon vandag die begrafnisdiens by van nege van die 10 ANC-vrywilligers wat verlede naweek in 'n busongeluk in die Vrystaat dood is. Die ANC-lede het die bekendstelling van die party se verkiesingsmanifes in Port Elizabeth bygewoon en was oppad terug na Gauteng toe hulle bus op die N1 naby Winburg omgeslaan het. Minstens 50 passasiers is beseer. Die begrafnisdiens vind in Katlehong aan die Oosrand plaas. Die tiende slagoffer sal in KwaZulu-Natal begrawe word. 'n Gedenkdiens is Donderdag vir die slagoffers in Vosloorus gehou. Die burgemeester van die Ekurhuleni-metro, Mondli Gungubele het sy medelye aan die families van die slagoffers betuig.
23 Apr 2016 2AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Lt Col Thabo Covane

Lt Col Thabo Covane praat oor die verdagte wat aangekeer tydens polisie-operasie vroegoggend met renosterhorings en diamante
20 Jan 8AM 1 min