Grusame toneel op VS-plaas ontdek

Loading player...
'n 28-jarige man is gister op die plaas Haasfontein naby Smithfield in hegtenis geneem weens die beweerde moord op sy vriendin.

Vrystaat polisiewoordvoerder, Yanga Ngcukana sê die 32-jarige vrou is met 'n ysterpyp en houtpaal aangerand. Haar tweejarige seuntjie was by haar toe haar liggaam gevind is. Hy is as voorsorgmaatreël na die hospitaal geneem.

Volgens Ngcukana het die polisie gistermiddag omstreeks 17:30 'n anonieme oproep ontvang waartydens hulle ingelig is van 'n vermeende voorval van huishoudelike geweld. Hy sê die verdagte is kort daarna aangekeer toe hy na sy huis onderweg was.

Ngcukana sê die man sal môre in die landdroshof op Smithfield verskyn op aanklag van moord.
25 Apr 2016 3AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Lt Col Thabo Covane

Lt Col Thabo Covane praat oor die verdagte wat aangekeer tydens polisie-operasie vroegoggend met renosterhorings en diamante
20 Jan 8AM 1 min