Man verskyn weens moord op vriendin by Smithfield-plaas

Loading player...
'n Man (28) wat in hegtenis geneem is in verband met die beweerde moord op sy vriendin op 'n plaas naby Smithfield, sal na verwagting vandag om borgtog aansoek doen in die plaaslike landdroshof.

Petrus Lempetjhe het glo sy vriendin op die plaas Haasfontein naby Smithfield met 'n ysterpyp en houtpaal aangerand. Hy is enkele minute ná die voorval Sondag in hegtenis geneem.

Die 32-jarige slagoffer se tweejarige seuntjie was by haar toe haar liggaam gevind is.

Vrystaatse polisiewoordvoerder, Yanga Ngcukana het vroeêr aan OFM-nuus gesê Lempetjhe is aangekeer toe hy na sy huis onderweg was.
28 Apr 2016 1AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Lt Col Thabo Covane

Lt Col Thabo Covane praat oor die verdagte wat aangekeer tydens polisie-operasie vroegoggend met renosterhorings en diamante
20 Jan 8AM 1 min