Ondersoek na VS-regering se multi-miljoenrandse webtuise vorder: OB
Loading player...
Die Openbare Beskermer se ondersoek na die Vrystaat provinsiale regering se webtuiste van R40-miljoen vorder goed.
Thuli Madonsela het gister aan OFM-nuus gesê die ondersoek sal na verwagting vanjaar nog afgehandel word.
Dit volg nadat sy ‘n verslag oor die provinsiale regering se omstrede diensleweringsprojek, Operasie Hlasela gister bekend gemaak het, waarin sy bevind het dat die staat en party se belange saamgesmelt is wat tot groot verwarring onder inwoners gelei het.
Sy sê haar verslag oor die regering se omstrede webtuiste vervat bevindings oor die koste daarvan en die tenderprosedure wat gevolg is.
Madonsela sê ‘n tweede verslag oor Operasie Hlasela gaan volg. Intussen gaan 'n verslag oor die Vrystaat regering se omstrede multi-miljoenrandse Vrede-suiwelprojek na verwagting vandeesmaand bekend gestel word.
Die regering het reeds meer as R500-miljoen aan dié projek bestee ondanks 'n ondersoek deur die nasionale tesourie wat bevind het dat die projek onvolhooubaar is. Die provinsiale regering belê nog steeds miljoene rande in die projek.