Ingryping van adjunkpresident dalk rede vir gesprekke oor VS gesondheidskrisis
Loading player...
Die ingryping van adjunkpresident Cyril Ramaphosa is moontlik die rede vir die vergadering tussen die Treatment Action Campaign (TAC) en die Vrystaatse regering, waartydens die gesondheidskrisis in die provinsie bespreek is.
Die TAC se Anele Yawa sê die nie-regeringsorganisasie het die kwessie tydens ‘n vergadering met Ramaphosa bespreek. Hy sê enkele dae ná dié vergadering het die premier van die Vrystaat Ace Magashule – in sy hoedanigheid as voorsitter van die provinsiale Vigsraad – die TAC genader om probleme in die provinsie te bespreek.
Yawa sê dit kom nadat die TAC al vir jare probeer om ‘n vergadering met die provinsiale LUR vir gesondheid, Benny Malakoane te belê.
[CutID: TACRamaphosa.mp3
Time: 23s
Title: TACRamaphosa
Out-cue: ]
Die Vrystaatse regering het tydens gister se vergadering donderneem om die stand van gesondheidsdienste in die provinsie te ondersoek.
Yawa sê die tekort aan medikasie, die skorsing van gesondheidswerkers en Malakoane se onbevoegtheid was op die agenda.