ANC-veteraan sê Zuma is nie geskik om die party of the land te lei nie

Loading player...
'n ANC-veteraan sê president Jacob Zuma is nie geskik om die party of the land te lei nie. Cheryl Carolus is deel van die Save South Africa-veldtog, wat vanoggend in die Pretoriase middestad teen staatskaping betoog. Die DA en die EFF gaan ook betoog. Dít terwyl die saak oor die Openbare Beskermer se verslag oor staatskaping vanoggend in die hooggeregshof in Pretoria voortgesit word.

Carolus het haar volle steun aan die Save South Africa-veldtog toegesê.

Zuma en twee ministers wil ’n interdik bekom om die uitreiking van die openbare beskermer se finale verslag oor staatskaping te keer, teen te staan. Die saak word vanoggend om tienuur voortgesit.

'n Volbank regters het gister beslis dat die DA, EFF, Cope en die UDM, sowel as die ANC-veteraan Vytjie Mentor, toegelaat word om tot die saak toe te tree.
2 Nov 2016 3AM English South Africa News · Business

Other recent episodes