Deense wapenhandelaar verskyn weer

Loading player...
Die saak teen die Deense wapenhandelaar, Peter Frederiksen, hervat na verwagting vandag in die Bloemfonteinse Hooggeregshof nadat dit verlede maand vir die soveelste keer uitgestel omdat hy steeds nie ‘n regsverteenwoordiger het nie. Frederiksen voer aan dat hy steeds op finansiële ondersteuning van sy familie in Denemarke wag om hom in staat te stel om ‘n regsverteenwoordiger te kan bekostig. Hy wil ook nie gebruik maak van Regshulp SA nie. OFM-nuus se Mark Steenbok berig dat die staat se Advokaat Amanda Bester ná afloop van Frederiksen se vorige verkyning gesê het hulle berei al die afgelope drie maande voor vir die saak en dat ‘n voorverhoor nie teen die vandag moontlik sal wees nie.

Frederiksen staar onder meer aanklagte van die oortreding van die wapenwet, ‘n aanklag van sameswering om moord te pleeg en die vervaardiging en besit van kinderpornografie in die gesig.
10 Nov 2016 10PM English South Africa News · Business

Other recent episodes