Voëlkykers maak reg vir dag vol pret

Loading player...
Voëlkykers kan hul vere begin regskud vir Birdlife SA se 32ste Birding Big Day wat op 26 November plaasvind.

Die geleendheid het ten doel om soveel moontlik van Suid-Afrika se 847 voëlspesies op te spoor en, met behulp van 'n slimfoontoepassing, aan te teken. Spanne van regoor die land neem deel.

Volgens Birdlife SA se Ernst Retief sal ongeveer 150 spanne van ten minste vier mense elk vanjaar poog om meer as 650 spesies binne 24 uur op te spoor, en sodoende die 2008 rekord van 325 spesies te klop.

Retief sê egter die dag gaan nie net oor die pret en opwinding van voëlkyk nie, maar ook die bewaring van ons land se waardevolle voëlerfenis.
17 Nov 2016 1AM English South Africa News · Business

Other recent episodes