Brand op boot op Hartbeespoortdam ontstaan in kombuis

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Owerheid vir Maritieme-veilighdeid (Samsa) het bevestig dat 'n brand op 'n plesierboot op die Hartbeespoortdam, in die kombuis uitgebreek het. Die brand op die boot, die Prime Time, het die lewens van vier vroue geëis. Drie vroue het verdrink toe hulle van die vlamme probeer wegkom het en nog een het in die boot doodgebrand. Samsa se Imraan Davis sê die polisie se forensiese ondersoeker en 'n span van Samsa se ondersoek na die oorsaak van die brand toon dit het in die kombuis begin en na die agterste deel van die boot versprei.

Davis sê daar sal ook ondersoek ingestel word of die algehele veiligheidmaatreëls in plek was en nagekom is. Dit vorm deel van die ondersoek.
20 Nov 2016 11PM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Dear South Africa

OFM News, in touch with your world. Covering local and national news focusing on the Free State, Northern Cape, North West and the Vaal. See more: https://www.ofm.co.za/News
27 Oct 7AM 1 min