VS behaal hoogste matrieslaagsyfer in die land
Loading player...
Die Vrystaat spog vanjaar met die hoogste matriekslaagsyfer in die land met 88,2% van leerlinge wat in 2016 geslaag het.
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het gisteraand in Johannesburg aangekondig dat die nasionale slaagsyfer van die 2016-matriekeindeksamen 72,5% is - effens beter as verlede jaar se syfer van 70,7%. Die Wes-Kaap is tweede met 85,9% van matriekleerlinge wat geslaag het, gevolg deur Noordwes met 82,5% en die Noord-Kaap met 'n slaagsyfer van 78,7%. Altesaam 442 672 leerlinge het die 2016-matriekeindeksamen geslaag, die tweede grootste getal leerlinge in die geskiedenis. Sowat 50% van leerlinge oor die land heen het toelating tot graad- en diplomastudies ontvang. Daar is verder ’n toename in prestasie by skole in wiskunde en wetenskap sedert 2003. Die getal leerlinge wat wiskunde geslaag het, het van 49% tot 51% verbeter en die getal leerlinge wat fisiese wetenskap geslaag het, het van 58% tot 62% verbeter.
Intussen stroom gelukwensings en lof van oral in vir die Vrystaat se prestasie. Adjunk-uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), Jaco Deacon, sê leerlinge en leerkragte het hul goed van hul taak gekwyt. Hy sê leerlinge ouers en ander familielede het ook 'n waardevolle bydrae gelewer tot die klas van 2016 se suksesvolle skoolloopbaan wat van gr.R tot gr.12 gestrek het. Hy haal ook sy hoed af vir die departement se harde werk ondanks talle uitdagings.