Afgedankte NW LUR gaan ondersoek word

Loading player...
Die rede vir die afdanking van die Noordwes LUR vir paaie en vervoer, Madoda Sambatha, gaan verder ondersoek word. Sambatha is oornag deur Premier Supra Mahumapelo afgedank. Mahumapelo se kantoor het egter bespiegelinge - dat die afdanking die eerste stap in ‘n provinsiale kabinetskommeling is – ontken. Sy woordvoerder, Brian Setswambung, sê Sambatha is afgedank omdat hy sy magte as LUR oorskry het nadat hy glo dokumente vir die oordrag van grond geteken het. Sambatha het glo die aantuigings erken en bevestig. Setswambung sê die saak gaan nou wyer ondersoek word.
2 Jun 2017 5AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Kittie Horn.

Jayren Horn leef al langer as vier jaar met tipe 1-diabetes.
27 Aug 5AM 1 min

Ao. Nomthandazo Mnisi, Valke-woordvoerder.

Jessica Kuhn (43), ’n gewese finansiële administrateur by die skool, staan tereg op aanklagte van bedrog, vervalsing en die gebruik van vervalste dokumente.
26 Aug 9AM 1 min