Tekort aan ambulanse in VS kry aandag

Loading player...
‘n Ernstige tekort aan ambulanse in die Vrystaat gaan binnekort iets van die verlede wees soos die Vrystaatse Gesondheidsdepartement spook om parlementslede se afsnydatum te haal. Lede van die Nasionale Raad van Provinsies het die departement ‘n maand kans gegee om probleme wat hulle tydens hul besoek verlede maand aan die Gariep-distrik teëgekom het, aan te spreek. Verskeie hospitale en klinieke het aangedui dat ‘n tekort aan ambulanse dikwels tot swak dienslewering lei. ‘n Verslag oor al die probleme wat uitgelig is gaan binnekort in die parlement ter tafel gelê word. Vrystaatse LUR vir Gesondheid, Butana Komphela, sê die provinsie het reeds 60 ambulanse aangekoop.
20 Jun 2017 3AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Kittie Horn.

Jayren Horn leef al langer as vier jaar met tipe 1-diabetes.
27 Aug 5AM 1 min

Ao. Nomthandazo Mnisi, Valke-woordvoerder.

Jessica Kuhn (43), ’n gewese finansiële administrateur by die skool, staan tereg op aanklagte van bedrog, vervalsing en die gebruik van vervalste dokumente.
26 Aug 9AM 1 min