17:30 Sport - 19 September 2017
Loading player...
Die Springbok-breier, Allister Coetzee, glo dat sy span nie ver agter die All Blacks is nie ten spyte van hul hewige 57-0 pakslae tydens die afgelope naweek se Rugbykampioenskap-toets in Albany. Die nederlaag was die Springbokke se grootste nóg in toetsrugby.
Die voormalige Wes-Indiese snelbouler, Ottis Gibson, is vanoggend amptelik bekendgestel as die nuwe Proteas-hoofbreier. Gibson, wat in die verlede eersterangse krieket in Suid-Afrika gespeel het, neem die leisels oor by Russell Domingo.
Vanaand pak die Soweto-reuse, Orlando Pirates, vir Cape Town City FC, in die Premier-sokkerliga, in ‘n kragmeting wat sal verseker dat die wenner tot boaan die punteleer klim. Die Buccaneers het hernieude selfvertroue onder die leisels van die Serwiese-breier, Milutin Sredojovic, maar die laast ding wat hulle sal doen is om Benni McCarthy se span te onderskat.