17:30 Sport - 20 September 2017
Loading player...
Die driemalige Guinness Pro14-kampioene, Leinster, verwag ‘n strawwe stryd wanneer hulle Vyrdagaand in Bloemfontein die Toyota Cheetahs pak. Die Ierse span het verlede week hul toer van Suid-Afrika met ‘n 31-10 sege oor die Southern Kings afgeskop.
Die Proteas se veelsydige spelers, Vernon Philander en Chris Morris, gaan albei die eerste toets teen Bangladesj in Potchefstroom weens besering misloop. Philander kan moontlik beskikbaar wees vir die tweede toets in Bloemfontein, terwyl Morris eers weer in Oktober krieket sal kan speel. Dale Steyn sal egter die hele reeks teen die Tiere misloop.
Bloemfontein Celtic beoog om opeenvolgende seges in die Premier Sokkerliga aan te teken wanneer hulle vanaand tuis speel teen Baroka FC in die Toyota-stadion.