17:30 Sport - 2 October 2017
Loading player...
Die Proteas loop met 1-0 voor in die reeks van twee toetswedstryde teen Bangladesj. Suid-Afrika het vanoggend die Tiere vir slegs 90 lopies in hul tweede beurt uitgeboul om die toets op Senwes-park in Potchefstroom met 333 lopies te wen.
Die Toyota Cheetahs het vandeesweek sonder twyfel hul grootste uitdaging in die Guinness Pro14-reeks wanneer hulle die onoorwonne Glasgow Warriors die stryd aansê. Die Cheetahs het oor die naweek beïndruk deur die Ospreys met 44-25 af te ransel en tot derde te klim in Groep A ná Glasgow en Munster.
Die Premiersokkerligaklub, Bloemfontein Celtic, is in die top agt van die liga vir die eerste keer die seisoen. Gister het Phunya Sele Sele die kampioene, Wits, met 1-0 verslaan danksy ‘n 76ste minuut doel deur Roggert Nyundu.