17:30 Sport - 5 Oktober 2017
Loading player...
Die Proteas is vanmening dat hul kolfwerk nog kan verbeter tydens die tweede toets teen Bangladesh wat môre in Bloemfontein begin. Die kolwers het tydens die eerste toets in Potchefstroom hul staal getoon, maar volgens die kaptein, Faf du Plessis, kan die span verbeter.
Die Springbokke het aan hul pak getimmer vir Saterdag se Rugby Kampioenskap toets teen die All Blacks in Kaapstad. Steven Kitshoff begin op loskopstut, met Ruan Dreyer wat sy plek op vaskopstut behou.
Die Toyota Cheetahs het slegs een verandering aan hul beginspan gemaak wat môreaand vir Glasgow Warriors die stryd gaan aansê in die Guinness Pro14-reeks. Die Springbok Sevens spoedvraat, Rosco Specman, draf weer op vleuel uit in die plek van Raymond Rhule.