17:30 Sport - 12 Oktober 2017
Loading player...
Die Toyota Vrystaat Cheetahs sal van hul sterkste moontlike span gebruik maak wanneer hulle die Goue Leeus pak in die Curriebeker. Die verdedigende kampioene maak gebruik van die meerderheid van hul Guinness Pro14-spelers, maar Francois Venter en Sergeal Petersen is weens besering nie beskikbaar nie.
Die Proteas wil die basiese dinge reg doen wanneer hulle vir Bangladesj die stryd aansê in die reeks van drie internasionale eendagwedstryde wat Sondag begin. Die Proteas betree die reeks vars vanaf hul 2-0 toetsreekssege oor die Tiere, maar wil verbeter in die korter formaat ná hul swak vertoning in Engeland.
Cape Town City FC se selfvertroue loop hoog voor die naweek se MTN8-eindstryd teen SuperSport United by die Moses Mabidha-stadion in Durban. Die span van die Moederstad speel in slegs hulle tweede eindstryd ooit, en dit is ook teen dieselfde span en op die dieselfde veld.