17:30 Sport - 13 Oktober 2017
Loading player...
Dit is ‘n belangrike naweek in die Curriebeker-reeks met die Toyota Vrystaat Cheetahs, Goue Leeus, WP, Blou Bulle en Poemas wat almal gaan uitveg vir die drie oorblywende plek in die uitkloprondtes. Die Cheetahs het ‘n nagenoeg volle sterkte span gekies vir hulle kragmeting teen die Leeus op Ellis-park.
Die Proteas verwag ‘n strawwe stryd wanneer hulle Sondag teen Bangladesh te staan kom in Kimberley tydens die eerste internasionale eendag wedstryd. Die wêreld se voorste eendagbouler, Imran Tahir, het gewaarsku siende die Tiere deur gedring het tot die halfeindtryd van die Kampioentrofee, sal hulle strawwe teenstand bied.
Alles is môreaand op die spel wanneer SuperSport United teen Cape Town City FC te staan kom in die eindtryd van die MTN8-toernooi. Die twee spanne het al die afgelope jaar driekeer teen mekaar te staan gekom met een sege elk, terwyl hulle in die derde kragmeting gelykop gespeel het.