17:30 Sport - 16 Oktober 2017
Loading player...
Die Toyota Cheetahs geniet die naweek ‘n welverdiende blaaskans nadat hulle Saterdag uit die Curriebeker geskakel is. Terwyl die Curriebeker vir die span belangrik was, draai die span nou hul fokus op slegs die Guinness Pro14 wat aanstaande week hervat.
Die Proteas het ‘n internasionale eendagreeks-oorwinning in hul visier met die span wat Woensdag in Paarl vir Bangladesj in die tweede wedstryd pak. Gister het Suid-Afrika die Tiere in Kimberley met 10 paaltjies in die eerste kragmeting geklop om die voortou in die reeks te neem.
Die Premier-sokkerliga hervat môreaand ná ‘n twee weke lange onderbreking as gevolg van die 2018 FIFA Wêreldbeker-kwalifiseerders en die MTN8-eindstryd. Môreaand pak die MTN8-naaswenners, Cape Town City FC, Bloemfontein Celtic by die Athlone-stadion.