17:30 Sport - 17 Oktober 2017
Loading player...
Die Highveld Lions se 19-jarige veelsydige speler, Wiaan Mulder, is opgeroep na die Proteas se internasionale eendagspan vir die twee oorblywende wedstryde teen Bangladesj. Mulder, wat in plaaslike krieket beïndruk, vervang Wayne Parnell in die span nadat hy weens ‘n besering onttrek is.
Die Luiperds wil ‘n verbeterde vertoning lewer wanneer hulle Vrydagmiddag teen die Down Touch Griffons te staan kom in die eindstryd van die Curriebeker 1ste afdeling. Die verdedigende kampioene, die Griffons speel vanjaar tuis in die eindstryd nadat hulle verlede jaar die Luiperds met 44-25 in Potchefstroom getroef het.
Die Premier-sokkerliga hervat vanaand met twee wedstryde wat gaan plaasvind. Die MTN8-naaswenners, Cape Town City FC, spook by die Athlone-stadion sake uit teen Bloemfontein Celtic. Dit is die eerste van twee wedstryde vir Celtic by die Athlone-stadion vandeesweek, siende hulle Saterdagaand vir Ajax Cape Town op dieselfde veld pak.