Steve Hofmeyr praat oor foute wanneer jy jonk is met Ontbytspan op 100.5FM

Loading player...
Hy tree op 7 Nov 2018 in Nelspruit op en gesels prontuit met die ontbytspan oor foute waaruit hy ook geleer het, hy beplan 'n flashmob vir Nelspruit en gesels oor sy nuwe country album vir die Desember 2018 seisoen. Dis sy laaste vertoning in die SKREE toer en hy sluit dit in die Laeveld af #TrotsLaeveld
8 Nov 2018 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Inisiatief geloods om digitale vaardigheidsgaping aan te spreek

Datacomb het gister sy hernude vennootskap met Penreach bekendgestel om die MTN digitale vaardighede vir digitale werkgeleenthede-program uit te rol. Ons gesels met die projekbestuurder, Richard Moyo, oor hierdie vlagskip-inisiatief wat werklose jongmense teiken wat reeds 'n IT-kwalifikasie het, maar gespesialiseerde opleiding en werkplekgereedheid benodig om die arbeidsmark te betree.
15 May 9 min

Skryf hierom in vir Mev. Mpumalanga

Inskrywings het geopen vir vanjaar se Mev. Mpumalanga-kompetisie en sluit eersdaags. Zahné Botha en Amelia Roux gesels met die Middag Game Drive.
15 May 11 min

Securicon se John Mhlongo steeds op sy pos

'n Storm het verlede week losgebars oor berigte dat Laerskool Nelspruit se geliefde hekwag, John Mhlongo, verwyder is. Dit na 'n ouer gekla het sy warme verwelkomings ontwrig soggens verkeer by die skool. Callum MacPherson van Securicon en skoolhoof, Jaco Hauptfleisch, vertel vir Laeveld Brunch dat dié geliefde wag nêrens…
15 May 22 min

Noordvaal-beker stel aanlyn-portaal bekend

Passie Erasmus gesels met die Middag Game Drive oor die Virseker Noordvaal-beker wat vanjaar 'n aanlyn portaal het en die Laeveldse deelnemer aan hierdie toernooi, Hoërskool Nelspruit.
12 May 12 min