Draaipunt program 6: SanParke ere-veldwagters se uitreik projek

Loading player...
Die SanParke ere-veldwagters het baie passie, toewyding en HART!
Eloise Brooks het op 55 jarige ouderdom by die ere-veldwagters aangesluit en leef haar passie vir die natuur hier op verskeie maniere uit. Een daarvan is om 'n uitreik aksie te lei na die gemeenskappe wat rondom die Kruger Nasionale Park bly. Maria Graney het ook kom saamkuier om te vertel van die mees onlangse strik verwyderings. 122 diere se lewens is gered!
10 Oct 2019 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Inisiatief geloods om digitale vaardigheidsgaping aan te spreek

Datacomb het gister sy hernude vennootskap met Penreach bekendgestel om die MTN digitale vaardighede vir digitale werkgeleenthede-program uit te rol. Ons gesels met die projekbestuurder, Richard Moyo, oor hierdie vlagskip-inisiatief wat werklose jongmense teiken wat reeds 'n IT-kwalifikasie het, maar gespesialiseerde opleiding en werkplekgereedheid benodig om die arbeidsmark te betree.
15 May 9 min

Skryf hierom in vir Mev. Mpumalanga

Inskrywings het geopen vir vanjaar se Mev. Mpumalanga-kompetisie en sluit eersdaags. Zahné Botha en Amelia Roux gesels met die Middag Game Drive.
15 May 11 min

Securicon se John Mhlongo steeds op sy pos

'n Storm het verlede week losgebars oor berigte dat Laerskool Nelspruit se geliefde hekwag, John Mhlongo, verwyder is. Dit na 'n ouer gekla het sy warme verwelkomings ontwrig soggens verkeer by die skool. Callum MacPherson van Securicon en skoolhoof, Jaco Hauptfleisch, vertel vir Laeveld Brunch dat dié geliefde wag nêrens…
15 May 22 min

Noordvaal-beker stel aanlyn-portaal bekend

Passie Erasmus gesels met die Middag Game Drive oor die Virseker Noordvaal-beker wat vanjaar 'n aanlyn portaal het en die Laeveldse deelnemer aan hierdie toernooi, Hoërskool Nelspruit.
12 May 12 min