#OFMKunsteklop - Protea Boekhuis kompetisie vir opkomende illustreerders

Loading player...
Protea Boekhuis is op soek na buitengewone opkomende illustreerders
Is jy een van hulle? Stuur vir ons voorbeelde van jou werk en kry internasionale erkenning!
· Stuur vir ons drie van jou mees unieke illustrasies wat al drie saam ʼn storie vertel (dit kan ‘n bestaande storie wees of jou eie). Sluit die teks in wat by elke illustrasie hoort en gee ook ‘n kort opsomming van die hele storie in hoogstens 250 woorde. Stuur dit as ‘n Word-dokument.
· Dit mag nie voorheen gepubliseerde illustrasies wees nie.
· Enige medium en tegniek mag gebruik word.
· Jy mag alleen deelneem indien jy nog nie ‘n volledige prenteboek deur ‘n gevestigde uitgewery gepubliseer het nie. Jy mag wel deelneem indien jy slegs reeds opvoedkundige boeke geïllustreer het of jou werk opgeneem is in ander kontekste as prenteboeke; byvoorbeeld bundels, boekomslae en volwasse fiksie.
· Illustreerders van lande buite die Verenigde Koninkryk, Frankryk, Suid-Afrika, Duitsland, Nederland en België mag wel deelneem deur hul bydraes te laai op die werf van enige van die organiserende lande. Die tekste moet in daardie geval in Engels wees.
Laai voor 10 Augustus 2020 jou illustrasie en bygaande teks − wat saam ʼn verhaal vertel − op. As jy die eerste digitale keuring slaag, sal ons jou vra om drukstukke van jou werk te stuur.
ʼn Professionele groep beoordelaars sal die drie beste inskrywings in Nederland/België, Suid-Afrika, Duitsland en die Verenigde Koninkryk kies. Die uitslag sal in Augustus 2020 bekendgemaak word op www.wwpbic.com. Wenners sal ook per e-pos ingelig word.
Die werk van die wenkunstenaars sal deel wees van ʼn reisende tentoonstelling in die deelnemende lande. Die finale keuse van wenillustrasies word in ʼn internasionale katalogus gepubliseer en voorgestel aan talle van die bekendste internasionale kinderboekuitgewers by die Bologna Kinderboekebeurs in 2020 − ’n uitstekende geleentheid vir kunstenaars om internasionale blootstelling te kry.
22 Jul 2020 English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

Uitstalling 'n terugblik op Wessel van Huyssteen se werke

Wessel Van Huyssteen stel belang in konsepte van plek en hoe om met die voorstelling van landskap in die era van die Leviaceen (die huidige era, gedefinieer deur die dominante, vernietigende mag van state, korporasies en kunsmatige intelligensie) om te gaan. Hy stel veral belang in hoe magsstrukture merke op…
26 Nov 4 min

Kimberley welcomes first ever retrospective exhibition of Sophie Peters’ artworks

This landmark exhibition at the William Humphreys Art Gallery in Kimberley, celebrates more than three decades of Sophie Peters’ visual storytelling tracing her journey from the streets of Johannesburg’s inner city to her recognition as one of South Africa’s most resilient and spiritually grounded visual artists. Chief Curator, Chepape Makgato…
24 Nov 5 min

Odeion School of Music launches costume library which students can access for performances

Odeion School of Music students, at the University of the Free State, frequently participate in performances, competitions, and events. Unfortunately, not everyone is in a privileged position to acquire the necessary performance attire. To support them, the OSM has established a Costume Library – a collection of formal and performance-appropriate…
19 Nov 6 min

The 4th International Clarinet Extravaganza comes to the Free State

Professor Danre Strydom from the Odeion School of Music at the University of the Free State is delighted to invite clarinetists from across the country to participate in the International Clarinet Extravaganza being hosted from 4 – 7 February 2026 in Bloemfontein. Applications close on the 1st of January and…
17 Nov 4 min

Die verhoog roep jou na die Vrystaat Kunstefees in 2026 – aansoeke is oop!

Vrystaat Kunstefees, Feesdirekteur Michael Garbett sluit aan by Yolanda Maartens in die OFM Kunsteklop en beklemtoon die unieke platform wat die fees bied vir diverse stemme, genres en kulturele uitdrukking. Frieda van Niekerk sluit ook by die gesprek aan met insig in volgende jaar se kunstemark beplanning. Die fees vind…
12 Nov 6 min