Agri-Uur: 17 Februarie, Burre Burger

Loading player...
Almal sal die verwoestende brande van 2020 in die Vrystaat onthou. Tesame met baie boere verenigings, individue en finansiële donasies kon die hulpverleningsorganisasie, Droogtehulp met Burre Burger, meer as 300 beeste aflewer in die provinsie in die laaste week. Die organisasie het 'n hulpkreet van die Vrystaat-provinsie se boerderygemeenskap beantwoord. Burre Burger - die organisasie se stigter – sê boere in die Boshoff- en Hertzogville-omgewing het baie diere in die brand verloor. Daarom het hy en ‘n vriend, Werner Boshof, 'n projek genaamd "Borg 'n vers" begin. Die beeste se waarde word tussen R4 miljoen en R5 miljoen geskat.
17 Feb 2021 2AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts, gesels oor knopvelsiekte

Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
15 Dec 10PM 6 min

Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap,beskerm aasvoels

Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
15 Dec 10PM 4 min