Aasvoels is die natuur se skoonmakers en ook 'n bedreigde roofvoel. Die organisasie Vulture Sentinels in die Noord-Kaap is 'n organisasie wat dit hulle doelstelling maak om aasvoels te beskerm,rehabiliteer, red en navorsing te doen oor die belangrike en dikwels misverstane roofvoel.
Een van die veesiektes wat nou voorkom, is knopvelsiekte. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein oor die behandeling van die siekte en die gevaar van boererate wat soms toegepas word om die siekte te behandel.
Daar het onlangs 'n kameelperd navorsingstasie buite Bloemfontein geopen, wat die eerste van sy soort in die wereld is. Isabel van Tonder gesels met Prof Francois Deacon van Departement Vee, Wild en Weidingkunde by die Vrystaat Universiteit oor die sentrum en hoekom dit nodig is om navorsing op kameelperde te…
Digital editor Sindira Chetty gives an overview of what's in the latest edition of farmers weekly, now in store. You can read more online at farmersweekly.co.za and follow them on social media.
Die Minister van Polisie het onlangs misdaad statistieke vrygestel. Isabel van Tonder gesels met Isabel Kruger, veiligheidsverteenwoordiger en veediefstalspesialis van Vrystaat Landbou, wat 'n analise gee van die syfers wat betrekking het op landbou.
Tydens die kersseisoen, is daar 'n styging in verskeie misdade soos plaasaanvalle, veediefstal, onwettige jag met honde en koperdiefstal. Isabel van Tonder gesels met Isabel Kruger, veiligheidsverteenwoordiger en veediefstalspesialis by Vrystaat Landbou, hieroor.
Isabel van Tonder gesels met Isabel Kruger, veiligheidsverteenwoordiger en veediefstalspesialis by Vrystaat Landbou oor die onwettige jag van honde en die wette wat daarmee oortree word.
Isabel van Tonder gesels met Jurg Kruger, voorsitter van Eyes and Ears of E2 organisasie, oor hulle suksesse onlangs in die Vrystaat, met die vastrek van saaddiefstal sindikate.
Die voormalige finansiele bestuurder van Vrystaat Landbou, Johann van Graan, het na 27 jaar diens afgetree. Isabel van Tonder gesels met hom om te hoor wat is die hoogtepunte van sy loopbaan en wat is sy toekomsplanne.
Smokkelhandel van reptiele neem toe en dis in gevalle so erg dat sommige van die diere as hoogs bedreigd in Suid-Afrika verklaar is. Isabel van Tonder gesels met Johan Marais, Hoof van die Afrika Slangbyt Instituut in Pretoria oor die aktiwiteite.
Wandile Sihlobo, Chief Economist of the Agricultural Business Chamber of Agbiz, share some positive news of the South Africa agricultural market and exports.
Isabel van Tonder gesels met Armand Cloete, wetgewer lid van die VF Plus, oor die 15 miljoen rand wat aan die Departement landbou en landelike ontwikkeling toegewys is vir die optrede teen bek-en-klouseer, asook die Vrystaatse paaie.
Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van die Bloemfontein Veterinere laboratorium oor Brusellose, beter bekend as besmetlike misgeboorte of maltakoors. Die siekte is gevaarlik vir mens en dier en kan beheer word deur behoorlike inenting.
Die jongste kommoditeitspryse en bewegings in die graanmarkte word deur Dr Johnny van der Merwe bespreek.
2 Dec 10PM
5 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.