Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2220 – 2240

Ovaherero-gemeenskap herdenk hulle kultuur

Die Ovaherero-gemeenskap het van 19 tot 21 September bymekaargekom vir 'n lewenslustige viering van die tweede Ombu-kultuurfees in die Otjozondjupa-streek. Die fees in die Ombu-kultuurdorp het tradisionele opvoerings, kulturele uitstallings en 'n vertoonkas van talente en vaardighede uniek aan die Ovaherero-nasie ingesluit. Die stigter van die fees, Vetumbuavi Mungunda, het…
23 Sep 4AM 1 min

EU belê miljarde euro plaaslik

Die Europese Unie se belegging in Namibië se groen toekoms sal na verwagting miljarde euro in die plaaslike ekonomie bring, volgens die Europese Unie-kommissaris vir Internasionale Vennootskappe, Jozef Síkela, tydens 'n besoek aan HyIron Oshivela. Die EU en Duitsland het gesamentlik 2 miljoen euro in NIMT belê deur middel van…
23 Sep 3AM 1 min

Cyril beklemtoon weer ondersteuning vir Palestina

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika herhaal sy standpunt dat ʼn aangrensende Palestynse staat volgens die 1967-grense geskep word wat vreedsaam saam het die Israelse staat bestaan. Hy het gister by die konferensie oor ʼn tweestaatoplossing gepraat by die 80ste sitting van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York…
23 Sep 3AM 1 min

VN se kernwaardes is onder beleg - Guterres

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku die beginsels van die organisasie is onder beleg soos nog nooit voorheen nie. Hy het gister ʼn toespraak by die Algemene Vergadering in New York gehou om die VN se 80ste bestaansjaar te vier. Guterres sê die VN het die pad aangewys…
23 Sep 2AM 1 min

Sassa waarsku oor nog 'n bedrogspul

Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap waarsku geen vergoeding word vereis vir sy dienste nie. Die woordvoerder, Andile Tshona, sê enigiemand wat betaling eis vir hulp met maatskaplike toelaagaansoeke tree bedrieglik op en moet onmiddellik by wetstoepassing aangegee word. Hy doen 'n beroep op begunstigdes en die publiek om waaksaam te wees…
23 Sep 2AM 1 min

Trump sê parasetamol veroorsaak outisme

Dokters in die VSA sal binnekort aangeraai word om nie die pynverligter Tylenol aan swanger vroue voor te skryf nie. Dit is volgens Amerikaanse president Donald Trump. Hy het die aankondiging Maandag saam met die minister van gesondheid, Robert F. Kennedy Jr., gemaak. Trump beweer dat die gebruik van parasetamol,…
23 Sep 1AM 1 min

Trump sê parasetamol veroorsaak outisme

Dokters in die VSA sal binnekort aangeraai word om nie die pynverligter Tylenol aan swanger vroue voor te skryf nie. Dit is volgens Amerikaanse president Donald Trump. Hy het die aankondiging Maandag saam met die minister van gesondheid, Robert F. Kennedy Jr., gemaak. Trump beweer dat die gebruik van parasetamol,…
23 Sep 1AM 1 min

Regter Chinhengo se afsterwe betreur

Die Regterlike Dienskommissie betreur die afsterwe van regter Moses Chinhengo, wat Vrydag in 'n hospitaal in Zimbabwe op 71 oorlede is. Chinhengo het die Fishrot-korrupsieverhoor gelei. Sy ampstermyn in die saak is gekenmerk deur herhaalde regsuitdagings van die beskuldigdes, wat sy aanstelling bevraagteken het en sy onttrekking versoek het. Regter…
23 Sep 1AM 1 min

Veearts gesels oor onverklaarbare vrektes onder wild

Onverklaarbare vrektes van wilde diere wek kommer, met kenners wat waarsku dat miltsiekte moontlik die oorsaak is. Boere word daaraan herinner dat jaarlikse inentings teen hoërisiko-siektes soos miltsiekte, brusellose, hondsdolheid en lam siekte nie net aanbeveel word nie, maar noodsaaklik is. Met stygende hondsdolheid gevalle en toestande wat ryp is…
23 Sep 1AM 1 min

Sauma waarsku oor 'gratis opleiding' rakende EPL's

Die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, Sauma, het boere gewaarsku teen die advies van omgewingskonsultante wat deur eksplorasielisensiehouers gekontrakteer word om omgewingsimpakstudies uit te voer. Hierdie konsultante, wie se opleidingsessies van gister tot 25 Oktober geadverteer word, bied ook leiding aan boere oor hoe om met die lisensiehouers saam te…
23 Sep 12AM 1 min

Daar is oplossings vir toenemende finansiële druk, meen ekonoom

Namibiese verbruikers verkeer onder toenemende finansiële druk, met inflasie, werkverliese en hoë behuisingskoste hul grootste bekommernisse, volgens TransUnion se jongste Consumer Pulse-studie. Ekonoom Josef Sheehama het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat 'n mengsel van beleide dringend nodig is, wat wissel van monetêre maatreëls om inflasie te bekamp tot verbeterde…
23 Sep 12AM 1 min

DA eis verwydering van drie Seta-administrateurs

Die DA het die Kommissaris van die Staatsdienskommissie, professor Somadoda Fikeni, skriftelik versoek om die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, se aanstelling van drie nuwe administrateurs van die Sektor Onderwys en Opleidingsowerheid om te keer. Die aanstelling van Oupa Nkoane in die Konstruksie-Seta, Lehlogonolo Masoga in die…
22 Sep 11PM 1 min

Israel reageer op Frankryk, en ander, se erkenning van Palestina

Frankryk en Saoedi-Arabië het Maandag talle wêreldleiers in New York byeengebring om steun vir 'n tweestaatoplossing in Israel te werf, met verskeie van hulle wat na verwagting 'n Palestynse staat formeel sal erken. Israel en Amerika boikot die beraad. Die Amerikaanse administrasie het gewaarsku teen moontlike gevolge vir diegene wat…
22 Sep 11PM 1 min

Plaaslike media is vry, maar daar is uitdagings

Namibië bly 'n baken van mediavryheid in Afrika, tweede slegs na Suid-Afrika, en beklee die 28ste plek wêreldwyd. Selma Ikela, sekretaris-generaal van die Redakteursforum van Namibië, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel geen joernaliste hier doodgemaak of aangeval is nie, uitdagings steeds die bedryf bedreig. Sy het meer.
22 Sep 11AM 1 min

Polisiehoof sê hy sal onregmatige ministeriële bevele weier

Die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola het aan die Madlanga-kommissie van ondersoek in Pretoria gesê die minister van Polisie het geen gesag om in te meng by die Suid-Afrikaanse Polisiediens se operasionele of bestuursbesluite nie. Sy getuienis volg nadat die minister van Polisie, Senzo Mchunu, op spesiale verlof geplaas is te…
22 Sep 11AM 1 min

Staan saam teen selfmoord, GBV: visepresident

Visepresident Lucia Witbooi het 'n beroep gedoen op dringende optrede teen geslagsgeweld en selfmoord in die land. Sy het vanoggend tydens die 8ste sitting van die Landelike Vroueparlement met Mans as Vennote in Windhoek mans en vroue aangespoor om saam te staan om skadelike kulturele norme te verbreek en respek…
22 Sep 10AM 1 min

Banke sal regering bystaan om US$750 miljoen-lening te betaal

Drie plaaslike banke staan gereed om in te gryp en die regering te help om 'n gaping van 250 miljoen Amerikaanse dollar te dek wat nodig is om die land se Euro-obligasie van 750 miljoen Amerikaanse dollar, wat op 29 Oktober betaalbaar is, te vereffen. Met 500 miljoen Amerikaanse dollar…
22 Sep 10AM 1 min

Regstelsel 'gebroke as PG se kantoor sake nie kan verwerk'

Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah het kommer uitgespreek oor wat hy 'n "gebroke regstelsel" noem, na aanleiding van berigte dat verskeie hoëprofiel-korrupsiesake, waarvan sommige jare terugdateer, steeds onopgelos is by die prokureur-generaal se kantoor. Dit kom te midde van voortdurende openbare kommer oor hangende sake soos die korrupsie-ondersoek van die SME…
22 Sep 10AM 1 min
2220 – 2240