Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2200 – 2220

Finansiële stres 'kniehalter werkers'

Finansiële stres word 'n stille krisis in Namibiese werkplekke, met die 2024 Old Mutual Financial Services Monitor wat onthul dat meer as die helfte van werkende Namibiërs sukkel om kop bo water te hou. Volgens Ashante Manetti, stigtings- en kleinhandelbemarkingsbestuurder by Old Mutual Namibia, bly hierdie stres nie by die…
23 Sep 11AM 1 min

Joburg kyk na nywerheidsparke vir SME-groei

Die Stad Johannesburg se Departement van Ekonomiese Ontwikkeling sê pogings om die metro as 'n spilpunt vir ekonomiese groei te posisioneer, duur voort, insluitend die ontsluiting van die potensiaal van nywerheidsparke. Die burgemeester Dada Morero het 'n teiken gestel om die metro se ekonomie met drie persent te laat groei,…
23 Sep 11AM 1 min

Film- en kreatiewe stad in pyplyn vir Namibië

Die regering het planne aangekondig om 'n film- en kreatiewe stad te ontwikkel. Die projek sal ontwikkel word as 'n spesiale ekonomiese sone, wat 'n omvattende reeks dienste sal bied. Die fokus sal wees op sleutel subsektore, insluitend mode-ontwerp, musiek en uitvoerende kunste, filmvervaardiging, sowel as tegnologie en innovasie. Die…
23 Sep 10AM 1 min

Goud tref nuwe rekord, 'kan nog styg'

Die prys van goud het vanoggend bo 3 780 Amerikaanse dollar per fynons verhandel en rekordhoogtes bereik. In vergelyking met 'n jaar gelede het die prys van goud met amper 43 persent gestyg. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Chris Hart gesels wat sê dat stygende inflasie, markwisselvalligheid en…
23 Sep 10AM 1 min

Wees geduldig oor nuwe ambassadeurs, maan Ngurare

Die kontroversie oor president Netumbo Nandi-Ndaitwah se ambassadeursaanstellings hou aan om debat in die parlement te veroorsaak. Kritici, insluitend PDM-leier McHenry Venaani, het die keuses as stamgebonde en gebrekkig aan inklusiwiteit gekritiseer, met bewerings dat 7 uit 10 van die onlangs aangesteldes uit die noorde kom. In 'n reaksie vanmiddag…
23 Sep 10AM 1 min

Wetgewing op pad teen kuberbedrog

Namate die land sy verskuiwing na 'n volledig digitale betaalstelsel versnel, neem kommer oor kubermisdaad ook toe. In reaksie hierop sê die minister van inligting- en kommunikasietegnologie, Emma Theofelus, dat die regering nuwe wetgewing voorberei wat daarop gemik is om verbruikers teen aanlynbedrog te beskerm. Theofelus waarsku vanoggend by die…
23 Sep 9AM 1 min

Internasionale Strafhof kla Duterte aan, lê klem op onpartydigheid

Die Internasionale Strafhof het die gewese Filippynse president Rodrigo Duterte van drie klagte van misdade teen die mensdom aangekla. Die 80-jarige Duterte word daarvan beskuldig dat hy tussen 2013 en 2018 onregstreeks aanspreeklik was vir die moorde op meer as 76 mense tydens sy sogenaamde dwelmoorlog. Hy is sedert Maart…
23 Sep 9AM 1 min

DA maak alarm oor haglike olifantbestuur in Madikwe

Die DA in Noordwes doen 'n beroep vir dringende optrede en sê riglyne oor olifantbestuur by die Madikwe-wildreservaat word blatant deur provinsiale owerhede verontagsaam. Dit volg na die Noordwes-parke- en toerismeraad en die provinsiale regering na bewering ses ononderhandelbare riglyne van die Parlement se portefeuljekomitee oor Bosbou, Visserye en Omgewing…
23 Sep 8AM 1 min

Los Pumas 'n gevaarlike span: Bok-hulpafrigter

Rugby: Die Springbokke se hulpafrigter Tony Brown, sê dit is noodsaaklik dat die span vir tagtig minute voluit teen Argentinië moet speel om die gewenste resultate te kry. Suid-Afrika kom in hulle voorlaaste Rugbykampioenskap wedstryd teen Los Pumas Saterdag in Durban te staan. Al vier die deelnemende spanne, die Wallabies,…
23 Sep 8AM 1 min

Verkrygingswet word hersien

Finansminister Ericah Shafudah, het amptelik aangekondig dat die regering die proses begin het om die Wet op Openbare Verkryging te hersien. Hierdie stap volg op jare van openbare kritiek en kommer oor die wet se doeltreffendheid. Die aankondiging dui op 'n direkte reaksie op 'n gebrekkige stelsel wat blameer word…
23 Sep 6AM 1 min

Groenewald sê oor parool-oortreders

Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, sê hy is verbind tot 'n gebalanseerde, billike en effektiewe paroolstelsel. Die departement het Maandag met 'n tweedaagse nasionale paroolhersieningsberaad by die Kgosi Mampuru-korrektiewe sentrum in Pretoria begin. Altesaam 209 gevangenes wat op parool is, het moord gepleeg en meer as 330 verkragting…
23 Sep 6AM 1 min

NSA vra weer samewerking met sensus-opname

Die Namibiese Statistieke-agentskap, NSA, doen 'n beroep op gemeenskappe om hul deure vir beamptes oop te maak en die voortgesette Huishoudelike Inkomste- en Uitgawe-opname te ondersteun wat tot April 2026 duur. Veldpersoneel staar weierings in verskeie streke in die gesig, veral in verstedelikte gebiede in Khomas en Erongo, en kommersiële…
23 Sep 6AM 1 min

Vooruitsigte vir landbou vertoon goed tot volgende jaar

Namibië se landbousektor is aan die herstel na twee jaar van droogte, met die herbou van kuddes wat aan die gang is. Beesbemarking het met 56 persent gedaal, beesvleisuitvoere het gehalveer tot 5 461 ton, en skaapbemarking het met 41 persent gedaal, maar sterker veepryse, wat met 10 tot 27…
23 Sep 6AM 1 min

Rugbykampioenskap tot 2029 uitgestel?

Groot veranderinge is op die horison vir rugby in die Suidelike Halfrond, aangesien berigte daarop dui dat die Rugbykampioenskap tot ten minste 2029 uitgestel sal word. Dit beteken minder gereelde wedstryde tussen Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Australië en Argentinië. In plaas daarvan sal daardie spanne op langer toere gaan en meer wedstryde…
23 Sep 6AM 1 min

Madlanga: Ontbinding van taakmag was onwettig

Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het aan die Madlanga-kommissie gesê die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde was onwettig en skielik. Masemola sê die minister van Polisie, Senzo Mchunu het nie vooraf kommer oor die eenheid uitgespreek nie en het nie sleutelbelanghebbendes, insluitende die Nasionale Vervolgingsgesag, geraadpleeg nie. Hy…
23 Sep 5AM 1 min

Kenner sê dis meer skadelik om nie parasetamol te gebruik nie

Die Trump-administrasie sal na verwagting 'n verband trek tussen die gebruik van parasetamol, wat in Amerika verkoop word onder die handelsnaam Tylenol, tydens swangerskap en outisme. Studies oor die onderwerp, insluitend een is Swede wat 2,5 miljoen kinders betrek het, het egter nie so 'n verband gevind nie. Dr. Monique…
23 Sep 5AM 1 min

SA se huismark herstel goed, Wes-Kaap loop voor

Die FNB Huisprysindeks het in Augustus tot 4,5-persent op 'n jaargrondslag gestyg, die vinnigste groei in meer as drie jaar en die vierde agtereenvolgende maand van reële huisprysstygings, aangepas vir inflasie. 'n Eiendomsekonoom by FNB, Siphamandla Mkhwanazi, sê die Wes-Kaap loop steeds voor, maar Gauteng en KwaZulu-Natal toon hernude momentum…
23 Sep 4AM 1 min

Ovaherero-gemeenskap herdenk hulle kultuur

Die Ovaherero-gemeenskap het van 19 tot 21 September bymekaargekom vir 'n lewenslustige viering van die tweede Ombu-kultuurfees in die Otjozondjupa-streek. Die fees in die Ombu-kultuurdorp het tradisionele opvoerings, kulturele uitstallings en 'n vertoonkas van talente en vaardighede uniek aan die Ovaherero-nasie ingesluit. Die stigter van die fees, Vetumbuavi Mungunda, het…
23 Sep 4AM 1 min

EU belê miljarde euro plaaslik

Die Europese Unie se belegging in Namibië se groen toekoms sal na verwagting miljarde euro in die plaaslike ekonomie bring, volgens die Europese Unie-kommissaris vir Internasionale Vennootskappe, Jozef Síkela, tydens 'n besoek aan HyIron Oshivela. Die EU en Duitsland het gesamentlik 2 miljoen euro in NIMT belê deur middel van…
23 Sep 3AM 1 min
2200 – 2220