Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1100 – 1120

Maak vrede met slaggate, RFA het nie geld nie

Voertuigeienaars word gewaarsku oor verslegtende padtoestande hierdie reënseisoen. Die Padfondsadministrasie sê dat hulle nie genoeg befondsing ontvang het om paaie te herstel nie, met 'n instandhoudings- en rehabilitasie-agterstand van 3,3 miljard Namibiese dollar. Die fonds se uitvoerende hoof, Ali Ipinge, sê slaggate sal na verwagting toeneem, wat bydra tot motoriste…
4 Nov 11PM 1 min

David Beckahm het gehuil toe hy hoor hy word Sir David

Die voormalige Engelse sokkerkaptein en sterspeler van Manchester United, David Beckham, is Dinsdagmiddag vereer vir sy dienste aan sport en liefdadigheid en is deur koning Charles tot ridder geslaan. Sir David het in noordoos-Londen grootgeword, 115 wedstryde vir Engeland gespeel, waarvan 59 as kaptein, en 17 doele vir sy land…
4 Nov 11PM 1 min

Staking van landdroste sal voortgaan

Die vergadering tussen regeringsamptenare en komiteelede wat landdroste verteenwoordig, wat Dinsdagaand gehou is, het nie gunstige resultate opgelewer nie. Regsman Florian Beukes het aan die plaaslike uitsaaier gesê dat samesprekings vanmiddag sal hervat. Hy het verder gesê dat die beplande staking deur landdroste soos geskeduleer sal voortgaan. Intussen het die…
4 Nov 11PM 1 min

Geingos oorhandig ongelykheidsverslag aan Ramaphosa

Die voormalige presidentsvrou en medevoorsitter van die Globale Raad vir Ongelykheid, Vigs, en Pandemies, Monica Geingos, het Dinsdag die raad se verslag aan Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa oorhandig. Die titel is “Verbreking van die ongelykheid-pandemie-siklus: Die bou van ware gesondheidsekuriteit in 'n globale era”. Die oorhandiging is in Suid-Afrika gedoen…
4 Nov 10PM 1 min

Vragvliegtuig stort neer in Louisville, Kentucky

Die Amerikaanse Federale Lugvaartowerheid sê ‘n UPS vragvliegtuig, ‘n McDonnell Douglas MD 11 het omstreeks vyfuur namiddag, Kentucky tyd, rondom middernag Namibiese tyd neergestort net na hy opgestyg het by die Louisville Mohammed Ali-lughawe in die Amerikaanse deelstaat. Drie mense aanboord is dood sowel as talle wat op die grond…
4 Nov 10PM 1 min

Meer fondse in 2026 toegeken vir gratis tersiêre onderwys: Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah het vandag in die parlement verduidelik dat die 663 miljoen Namibiese dollar wat vir gratis tersiêre onderwys toegeken is, slegs die begin van die inisiatief is. Haar opmerkings volg op parlementslede wat die regering aanspoor om addisionele befondsing aan tersiêre instellings toe te ken indien klasgelde afgeskaf…
4 Nov 10AM 1 min

Sindikate werf polisielede as huurmoordenaars, hoor kommissie

Die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, het voor die Madlanga-kommissie onthul die ondersoek na die moord op 'n werknemer van Q-Tech, Armand Swart, in Vereeniging, het diep misdadige infiltrasie binne die polisie ontbloot. Khumalo sê vermeende huurmoordenaars, insluitend 'n adjudant-offisier, is ure na die moord in hegtenis geneem. Hy het…
4 Nov 10AM 1 min

Dis nie ons: gesondheidsministerie oor mediese afval storting

Die gesondheidsministerie het homself gedistansieer van die onwettige storting van hospitaal- en mediese-afval wat naby Sentraal Hospitaal in Windhoek-Wes ontdek is. Items soos baba-broeikaste, prostetiese ledemate, bedlinne en dokumente met die ministerie se briefhoof is op die terrein gevind. Woordvoerder Walters Kamata het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die…
4 Nov 9AM 1 min

Vaardigheidskloof 'weens swak leierskap, geen deursigtigheid'

Namibië se groeiende vaardigheidswanverhouding word geblameer op swak samewerking tussen opleidingsinstellings en werkgewers. Die sekretaris-generaal van die vakbond kongres Tucna, Mahongora Kavihuha, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat swak leierskap en 'n gebrek aan deursigtigheid die kloof aanvuur wat gegradueerdes met vaardighede oplei wat nie by die behoeftes van…
4 Nov 9AM 1 min

Verslapte vereistes vir Jeugontwikkelingsfonds kan SME's help

Reaksie kom steeds in oor die regering se besluit om die vereistes vir aansoeke van die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds te verslap. Arbeidsdeskundige Herbert Jauch sê die veranderinge toon 'n poging om sakebefondsing meer inklusief te maak. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die skrapping van die Bipa-registrasievereiste in die…
4 Nov 9AM 1 min

ECN begin stembriewe landswyd versprei

Die Verkiesingskommissie het die verspreiding van stembriewe aan verskeie streeks- en plaaslike owerhede vir die komende verkiesings op 26 November afgeskop. Dit kom na die besending Maandag in die land aangekom het. Die verspreiding sal op 17 November afsluit. Die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka, het aan Kosmos 94.1…
4 Nov 8AM 1 min

Kommissie bevestig sluipmoordpoging op Brown Mogotsi

Die Madlanga-kommissie het berigte bevestig van ʼn vermeende sluipmoordpoging op die omstrede sakeman Brown Mogotsi gisteraand in Vosloorus aan die Gautengse Oos-Rand. Volgens berigte het onbekende gewapende mans op sy voertuig losgebrand, maar dis nie in hierdie stadium bekend of hy in die voertuig was nie. Mogotsi se naam duik…
4 Nov 8AM 1 min

Afrika-regerings moet dringend optree in Soedan: IPC

Die IPC het sy verontwaardiging uitgespreek oor die toenemende massamoorde en humanitêre krisis in Soedan. Soedan se oorlog, wat sedert April 2023 woed, het tienduisende mense doodgemaak, miljoene ontwortel en die wêreld se grootste ontwortelings- en hongerkrisis veroorsaak. Die IPC het 'n beroep op Afrika-regerings en die internasionale gemeenskap gedoen…
4 Nov 7AM 1 min

Plofstofkenner gearresteer by G20-leiersberaad-lokaal

Die bedryfsdirekteur en plofstofdeskundige van Gauntlet Security Solutions, Jimmy Roodt, is by die Nasrec-uitstalsentrum in Soweto in hegtenis geneem vir betreding. Die G20-leiersberaad word later die maand daar gehou. Roodt het onlangs gesê die land se belangrikste internasionale lughawens kan gevaarlik onvoorbereid wees vir 'n bomdreigement. Die regering se adjunk-woordvoerder,…
4 Nov 7AM 1 min

VSA versterk militêre bande met Suid-Korea

Die Verenigde State sal kyk na buigsaamheid vir Amerikaanse troepe wat in Suid-Korea gestasioneer is om teen streeksbedreigings te opereer, maar die kern van die alliansie met Seoel sal gefokus bly op die afskrikking van Noord-Korea. Die Amerikaanse minister van verdediging, Pete Hegseth, is op besoek na die land en…
4 Nov 5AM 1 min

Geen land het geslaag met universele gesondheidsdekking nie

Professor Alistair McGuire van die London School of Economics and Political Science sê geen land kon nog daarin slaag om universele gesondheidsdekking te laat slaag nie, deels omdat gesondheid aanhoudend verander. Hy was deel van die Departement van Gesondheid se paneelbespreking oor die bespoediging van universele gesondheidsdekking in Suid-Afrika. McGuire…
4 Nov 5AM 1 min

Kinders wat honger ly oor regeringsluiting in rykste land is onaanvaarbaar

Die sluiting in die Amerikaanse regering duur voort. Terwyl die regering gesê het hy sal 50 persent van die befondsing vir voedselkoeponne vir 42 miljoen armoedige Amerikaners beskikbaar stel, is die nood groot en voedselbanke kan nie voor bly nie. Die VSA is die rykste land in die wêreld en…
4 Nov 5AM 1 min

Almal moet 'n gratis plot kry - UDF

Die president van die United Democratic Front, Hendrik Gaobaeb, het die regering versoek om grond gratis aan burgers te verskaf. Gaobaeb het tydens sy party se perskonferensie in Windhoek gesê dat toegang tot grond 'n kritieke stap in die rigting van sosiale en ekonomiese bemagtiging vir alle Namibiërs is.
4 Nov 5AM 1 min
1100 – 1120