Bewaringsbewustes doen 'n beroep op dringende gesamentlike intervensies deur belanghebbendes om die gebruik van loodvrye koeëls in jag te bevorder. Dit kom nadat navorsing bevestig het dat loodkoeëls soogdiere vergiftig. Drie studies spruit uit die dood van drie jagluiperds en in al drie gevalle is die jagluiperds gevoer met wildsbokke…
Byna twee weke nadat 'n tekort aan Vivo se stralerbrandstof vragbuitvoere by Hosea Kutako Internasionale Lughawe beïnvloed het en Lufthansa al sy vraguitvoere moes opskort, is daar nou verligting. Vivo Energy-woordvoerder Lazarus Nafidi het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat voorraad nou by die lughawe beskikbaar is. Nafidi sê huidige…
Die Omaruru Boerevereniging het streeksowerhede en plaaslike grondeienaars aangespoor om praktiese uitvoering bo teoretiese beplanning te prioritiseer na verwoestende veldbrande wat weiding in die distrik vernietig het. Betrokke boer Markus Trede beklemtoon dat terwyl ongeveer 100 boere en werkers die brande onder beheer gebring het, nooddienste se pogings belemmer is…
Skoolomgewingsklubs Namibië het sy praktiese omgewingsopvoedingsprogram na die ||Kharas-streek uitgebrei met 'n intree-driedaagse leeruitstappie na Lüderitz. Leerders van Keetmanshoop se PK de Villiers Sekondêre Skool het met kusorganisasies saamgewerk om mariene biologie, herwinning en kusbewaring te verken. Die klub se adjunk-landdirekteur, Ronildo Da Silva, sê die doel is om praktiese…
President Cyril Ramaphosa sê die motorbedryf is noodsaaklik vir die regering se pogings om die ekonomie te laat groei, meer uit te voer, beleggings te lok en werk te skep. Hy het gisteraand die hoofrede gelewer by die Volkswagen Groep in Afrika se 75ste Gala-dinee in Kariega in die Oos-Kaap…
Die Stad Kaapstad sê sy nuwe krag-koop-ooreenkoms met twee on-afhanklike verskaffers kom teen ‘n laer prys as Eskom tariewe. Die ooreenkoms van 8 miljard Suid-Afrikaanse rand met Jempec Energy en Make a Difference... bied 70 megawatt elektrisiteit. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die 20-jaar-ooreenkomste is met son-krag-aanlegte wat by Atlantis en…
Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah sê Namibië se langdurige solidariteit met Kuba moenie in die pad staan van groeiende ekonomiese bande met Amerika nie, aangesien Washington toenemend na Namibië kyk vir energie en kritieke minerale. Kamwanyah sê die regering moet 'n strategiese benadering volg deur Amerikaanse tegnologie, kundigheid en kennis te…
Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê munisipale skuld bly een van die grootste uitdagings vir Eskom se finansiële volhoubaarheid. Op 31 Mei vanjaar het munisipale skuld op 111,6-mijard Suid-Afrikaanse rand gestaan en teen Junie het dit tot sowat 119-miljard-rand gestyg. Dit volg nadat Eskom vir ʼn tweede…
Die Stad Windhoek gaan 'n hupstoot van 1,2 miljoen Namibiese dollar van die Namibiese Opleidingsowerheid ontvang om brandbestryding- en reddingsopleiding te versterk. Stad Windhoek-woordvoerder Lydia Amutenya sê die befondsing sal 40 opleidingspersoneel ondersteun wat ingeskryf is in geakkrediteerde brandbestryding- en reddingsoperasieprogramme by die Stad se Noodbestuursopleidingsentrum.
Die DA in die Wes-Kaap vra 'n dringende ondersoek na 'n video wat wys hoe 'n lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag 'n vrou in Tafelsig, Mitchells Plain verbaal en fisies aanrand. Benedicta van Minnen van die party sê die lid moet gedissiplineer word of strafregtelik vervolg word indien die…
Marco Fishing, gebaseer in Lüderitz, sluit steeds sowat 300 werkers uit terwyl 'n loongeskil met die Namibia Food and Allied Workers' Union, Nafau, steeds onopgelos is. Die uitsluiting, wat op 24 Julie begin het, volg op werkers se eise vir 'n 50 persent-loonverhoging vir seepersoneel wat maandeliks 4 000 Namibiese…
President Donald Trump sê die olieprys sal vinnig daal met analiste wat meen dat dit rondom twee jaar sal neem, na sy ooreenkoms met Venezuela vir ongeveer 65 miljard vate olie. Volgens hom is twee jaar eintlik kort.
Die Madlanga-kommissie, wat misdaad, korrupsie en politieke inmenging in die strafregstelsel ondersoek, sal van Donderdag verdaag tot 11 September. Openbare verhore sal hierdie week op Woensdag eindig en op 14 September hervat. Die sewe werksdae is nodig om twee kommissarisse toe te laat om vorige verpligtinge na te kom. Jeremy…
Enkele donderbuie kan vandag en môre in die verre suidwestelike dele voorkom, sê weerkenner George van der Merwe. Dit sal egter nie baie reën nie wat die risiko van veldbrande verhoog. Donderdag beweeg daar 'n baie sterk kouefront en bolugsisteem in met 'n geringe kans van reën. Die koue sal…
Daar is twee maande oor voor die 31 Oktober-sperdatum van die huidige belastingamnestieprogram. NamRA herinner alle belastingbetalers om die geleentheid te benut om hul uitstaande belastingskuld te vereffen. Die program bied volle kwytskelding van alle opgehoopte rente en boetes, mits die uitstaande kapitaalbelastingskuld ten volle vereffen word. NamRA-woordvoerder Steven Ndorokaze…
Reaksie word ontvang op die eis van omgewingsminister Indileni Daniel dat droogte nie as 'n blote noodgeval behandel moet word nie, maar as 'n prioriteit bestuur moet word. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner dr. Kobus Laubscher gepraat wat sê in die lig van Namibië se blootstelling aan droogteperiodes, moet…
Die minister vir Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, sê die nuutgestigte nasionale raad oor geslagsgeweld en vrouemoord sal die stryd teen die onding versterk. Sy het 'n nuuskonferensie gehou ná die raad se eerste vergadering. Chikunga sê die raad sal die regering, die burgerlike samelewing, sake…
Die Namibiese Revolusionêre Vervoer- en Vervaardigingsunie, Naretu, en Welwitchia Universiteit het hul vennootskap geformaliseer deur die ondertekening van 'n memorandum van verstandhouding. Naretu se sekretaris-generaal, Petersen Kambinda, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die vennootskap sal BA Regte-studente gestruktureerde, praktiese blootstelling gee aan werklike arbeidsgeskille, werkersverteenwoordiging en die toepassing van…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.