Met die Bank van Namibië se repokoersbesluit wat vir Woensdag vasgestel is, voorspel ekonome geen verandering nie. Panduleni Shaduka, 'n beleggingsontleder by Cirrus Capital, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Namibië na verwagting Suid-Afrika se voorbeeld sal volg en koerse bestendig sal hou te midde van wêreldwye onsekerheid en…
Die Namibiese Akkerbouraad het 5,5miljoen Namibiese dollar uiteengesit vir die 2025/2026 finansiële jaar vir die aartappel waardekettingsontwikkeling skema. Dit vorm deel van die raad se vyf-jaar strategie vir die ontwikkeling van gewaswaardekettings. Die raad hoop om die produksie van aartappels aan te moedig met 45 boere wat ondersteuning ontvang. Kosmos…
President Donald Trump loop deur onder kritiek oor sy geskerts oor die dodelike wapens wat die VSA vervaardig en aan Israel verskaf het. Daar is menings dat hy erken hy is medepligtig aan die volksmoord in Gaza veral omdat hy gesê het Israel het die wapens baie goed gebruik. Luister…
ActionSA sê hy is bekommerd dat die Padongelukkefonds heeltemal bankrot is met onopgetekende laste van meer as 500 miljard Suid-Afrikaanse rand. Dis byna ʼn vyfde van die nasionale regering se totale jaarlikse begroting. ActionSA se woordvoerder, Matthew George, sê laste wat nie aangeteken is nie, is een van die ernstigste…
Namibiërs maak gereed vir die plaaslike- en streeksowerheid verkiesings op 26 November. Volgens die verkiesingskalender is dit nou die tydperk waarin verteenwoordigers genomineer word en daar is nou net 2 dae oor vir die politieke partye om hulle nominasies vir kandidate in te handig terwyl onafhanklike kandidate vandag hulle name…
Die 2025 Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe is toegeken aan die Amerikaners Joel Mokyr en Peter Howitt, en die Fransman Philippe Aghion. Mokyr word erken vir die koppeling van tegnologiese vooruitgang aan volgehoue groei, terwyl Howitt en Aghion vereer word vir hul kreatiewe vernietigingsteorie, wat wys hoe vernuwing verouderde produkte vervang…
Die DA eis volle deursigtigheid van die ANC oor sy kontrak ter waarde van 190 miljoen Suid-Afrikaanse rand met Ezulweni Investments vir verkiesingsmateriaal wat na bewering met strategiese vennote gedeel is. Die DA-lid, Willie Aucamp, sê die reëling kan volmagpartye bevoordeel en politieke befondsingswette oortree. Hy het bevestig die party…
Die finansministerie het openbare konsultasies oor voorgestelde hervormings aan die stelsel vir aftrekkings by staatsamptenare tot 28 Februarie 2026 verleng. Hoewel aftrekkings steeds gemaak kan word, moet hulle streng aan bestaande wette voldoen. Betalings via Avril Payroll sal slegs tot 30 November voortduur, waarna die ministerie volle beheer oor die…
Die voormalige hoof van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika, Lucky Montana, het ten sterkste ontken dat hy die Suid-Afrikaanse Inkomstediens geld skuld. Die agentskap het die naweek in ʼn ongekende stap ʼn nuuskonferensie gehou waar hy inligting bekendgemaak het oor Montana se belastinginligting en sy skuld van net meer as 55…
Eerste minister Keir Starmer sê die Verenigde Koninkryk kan ʼn rol speel om die Gaza-skietstilstand te monitor, maar ook om Hamas en sy wapens se vermoë buite aksie te stel. Die militante groep het voorheen geweier om sy wapens neer te lê tensy ʼn Palestynse staat gevestig word. Starmer sê…
Die geskorste adjunk-nasionale kommissaris van Misdaadopsporing, Shadrack Sibiya, het aan die parlement se ad hoc-komitee gesê WhatsApp-boodskappe wat hom verbind met die minister van Polisie, Senzo Mchunu, en die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde, is vals. Sibiya beskryf sy verhouding met Mchunu as streng professioneel. Hy sê hy…
Die Otjomuise Live Arts Festival keer terug na Windhoek vir sy sesde uitgawe, wat Zoopark van 31 Oktober tot 1 November in 'n sentrum van opvoerings en storievertelling sal omskep. Gesamentlik aangebied deur die Goethe-instituut en die Nasionale Teater van Namibië, sal die opvoerings dans, musiek, gesproke woord en eksperimentele…
Na aanleiding van die jongste waarskuwings oor die FIMA-wet, sê bestuurskenner Pius Dunaiski dat Namibië versigtig moet wees. Met Namfisa wat probeer verhoed dat mediese fondse sleutelbedrywighede uitkontrakteer, waarsku die land se grootste fondsadministrateurs dat dit die bedryf kan verlam, werksgeleenthede in gevaar kan stel en die publiek se toegang…
Te midde van vreugde in Israel en Palestynse gebiede oor die vrylating van gyselaars asook aangehoudenes uit Israeliese tronke, is nie almal gelukkig oor die politiek nie. Opposisie-politici in die Knesset het geprotesteer tydens Trump se toespraak, en ten minste een persoon is uit die saal verwyder. Ofer Cassif, een…
Eerste minister Elijah Ngurare het 'n beroep op rampbestuur-belanghebbendes gedoen om te verseker dat elke huishouding toegerus is met 'n brandblusser, om die risiko van skade tydens brandverwante noodgevalle te verminder. Hy het Maandag by die herdenking van die Internasionale Dag vir Ramprisikio-vermindering by die VN-plaza gepraat. Vanjaar se geleentheid…
Amerikaanse president Donald Trump het sy plan vir vrede in die Midde-Ooste op die Gaza-beraad in Egipte onderteken, saam met mede-onderhandelaars uit Egipte, Katar en Turkye. Geen verteenwoordiger van Israel of Hamas was tydens die ondertekeningseremonie in Sharm El Sheikh teenwoordig nie. Trump het die Israeliese president Benjamin Netanyahu na…
Stad Windhoek beskryf die gedrag van die inwoners van Katutura wat vanoggend riool voor die kliëntedienssentrum in Katutura gestort het, as barbaars. Die groep, gelei deur gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb, sê die munisipaliteit het hul pleidooie vir rioolverwydering in hul gebiede geïgnoreer. Die woordvoerder van die munisipaliteit, Harold Akwenye.
Krieket: Die Australiese kaptein, Pat Cummins, het toegegee dat hy waarskynlik nie fiks sal wees vir volgende maand se reeks om die As teen Engeland in Perth nie. Die 32-jarige snelbouler het in Julie laas gespeel toe hy sy rug in 'n toets teen die Wes-Indiese Eilande beseer het. Cummins…
13 Oct 11AM
1 min
1660 – 1680
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.