10:00 – Laai nuus Die IPC-skaduminister van grondhervorming, Michael Mulunga, doen 'n beroep op die regering om die uitsetting van 40 grondlose gesinne en 500 stuks vee van Plaas Christerine naby Dordabis te staak. Die gesinne het die plaas beset na jare se afgekeurde hervestigings-aansoeke, maar het op 10 September…
Die Australiese regering het begin met 'n ondersoek nadat 'n OpenAI-agent by 'n nasionale gesondheidsorgdatabasis ingebreek en ongemagtigde toegang tot die land se Medicare-statistiekdatabasis verkry het. Dit is die eerste bekende geval waar kunsmatige intelligensie by 'n regeringsnetwerk ingebreek het. Die voorval het in Junie plaasgevind, maar OpenAI is eers…
AfriForum sê gegewe die toenemende geskil tussen Suid-Afrika en die VSA, wil hy ’n aktiewe rol speel om praktiese voorstelle te maak vir die hantering van plaasmoorde en landelike veiligheid. Die organisasie het ’n openbare-gemeenskapsvennootskap voorgestel wat daarop gemik is om veiliger omstandighede in die land te skep, sodat mense…
Rugby: Die Springbok-hulpafrigter Duane Vermeulen het bewerings verwerp dat afrigter Rassie Erasmus se 13 veranderinge aan die beginspan vir die eenmalige toets teen die Wallabies 'n gebrek aan respek is. Suid-Afrika pak Sondag die toets in Perth aan ná 'n veeleisende reeks van vier wedstryde teen die All Blacks. Australië…
Die ANC het die geskorste nasionale polisiekommissaris, Fanie Masemola, beskuldig dat hy sy grondwetlike plig versuim het deur nie op te tree teen die geskorste polisieminister, Senzo Mchunu, se opdrag om by misdaadintelligensie-aanstellings in te meng nie. Dit is 'n voorlegging deur die party terwyl die ad hoc-komitee wat bewerings…
Die Brave Warriors hoofafrigter, Collin Benjamin, sê hy is tevrede met sy span se vertoning in hul wedstryd teen Kongo in hul Afrikabeker-toernooi kwalifiserende wedstryd. Namibië het die wedstryd met 1-0 gewen. Benjamin sê die span se bal- en wedstryd-beheer was uiters goed:
Politieke ontleder Pius Dunaiski waarsku dat Namibië die risiko loop om 'n konferensie-staat te word waarin hoëprofiel-beraadslagings in die plek van tasbare ekonomiese vooruitgang kom. Dunaiski sê dat slypskole en verklarings nie fabrieke bou of werkgeleenthede skep nie. Hy doen 'n beroep op die regering om plaaslike eienaarskap, waardetoevoeging en…
Nepal se eerste minister Balendra Shah het die VN se algemene vergadering toegespreek. Hy sê hy wou praat oor demokrasie, ontwikkeling en gemeenskappe maar moet nou eerder verwoesting aanspreek.
ActionSA het die party se besluit verdedig om slegs een kandidaat op elke proporsionele verteenwoordigingslys in te dien vir die munisipaliteite waar hy aan die plaaslikeregeringsverkiesing deelneem. Dit volg nadat die DA 'n regsgeding by die Verkiesingshof aanhangig gemaak het teen ActionSA, die EFF, die MK-party en die GOOD-party, waarin…
Die Namibiese Landbou-unie sê daar is gister ‘n dringende vergadering met verskeie rolspelers by die Staathuis gehou om die volgende stappe in die land se bek-en-klouseer-reaksie te bepaal. Die hoogs-aansteeklike siekte is op ‘n plaas in die Karas-streek nagespoor, met ‘n daelike verbod op die verkoop, slag, en vervoer van…
Internasionaal en Chinese president Xi Jinping het tydens sy ontmoeting met Amerikaanse president Donald Trump gesê China ondersteun dat die VSA en Iran terugkeer na die Junie-memorandum van verstandhouding, om die oorlog te beëindig en die Straat van Hormuz te heropen. Hy het ook gesê Beijing hoop die Verenigde State…
Oor na Suid-Afrika, en BetterBond sê die rentekoersverhoging van 25 basispunte sal maandelikse verbandpaaiemente verhoog en meer druk op huiseienaars plaas. Die prima-uitleenkoers het nou tot 10,75-persent gestyg. Die uitvoerende hoof, Stephan Potgieter, sê die veerkragtige rand en dalende inflasie kan help om ruimte te skep vir toekomstige rentekoersverlagings:
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die regering steun nie die Amerikaanse program vir die toelating van Suid-Afrikaanse vlugtelinge nie. President Donald Trump het die hervestigingsinisiatief in Februarie 2025 ingestel en beweer dat Afrikaners deur staatsgesteunde rassediskriminasie, geweld en die onteiening van hul grond bedreig word…
Waarnemende landbouminister Charles Mubita vra vir kalmte en paraatheid om te help om die verspreiding van bek-en-kouseer te voorkom. Hy sê die ministerie werk saam met veeartsenydienste en boere om so gou moontlik die bron van die uitbreking te identifiseer en ook naspeuringswerk te doen. Mubita sê die verbod op…
Die Nasionale Kommissie vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie het die Nasionale Kunsmatige Intelligensie-instituut amptelik van stapel gestuur om plaaslike KI-navorsing, data-bestuur en tegnologiese innovasie te bevorder. Die kommissie se uitvoerende hoof, Anicia Peters, verduidelik die behoefte aan gelokaliseerde KI:
Arbeidsdeskundige Tim Parkhouse doen 'n beroep op maatskappye om op te hou om internskappe as goedkoop arbeid te sien en beklemtoon dat vergoeding moet ooreenstem met die waarde van die pos wat gevul word. Parkhouse sê dat effektiewe internskappe staatmaak op soliede mentorskap en dring daarop aan dat besighede jong…
Die bekende Mariental veearts dr. Andreas Gaugler rig ‘n waarskuwing aan boere om nie teen bek-en-klouseer in te ent nie, omdat dit die land se uitvoerstatus uiters negatief kan raak.
Die bekende Mariental veearts dr. Andreas Gaugler rig ‘n waarskuwing aan boere om nie teen bek-en-klouseer in te ent nie, omdat dit die land se uitvoerstatus uiters negatief kan raak.
24 Sep 10AM
1 min
440 – 460
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.