Die bekende Mariental veearts dr. Andreas Gaugler rig ‘n waarskuwing aan boere om nie teen bek-en-klouseer in te ent nie, omdat dit die land se uitvoerstatus uiters negatief kan raak.
Die bekende Mariental veearts dr. Andreas Gaugler rig ‘n waarskuwing aan boere om nie teen bek-en-klouseer in te ent nie, omdat dit die land se uitvoerstatus uiters negatief kan raak.
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het dringende hervormings aan die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad en globale finansiële liggame versoek en gewaarsku dat die aftakeling van vertroue die internasionale stelsel verlam. Sy het by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York gevra vir permanente verteenwoordiging vir Afrika op die Veiligheidsraad, en…
Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus erken hy het kanse gewaag met sy spankeuse vir Sondag se eenmalige toets teen Australië in Perth. Hy het 13 veranderinge aan sy beginspan gemaak, met slegs die slot Eben Etzebeth en die vleuel Ethan Hooker wat oorbly van die span wat die All Blacks in…
Dit is maklik om mense te mislei, sê die voormalige Nasa-wetenskaplike Will Marshall. In ‘n gesprek met Sky News beaam Marshall dat kunsmatige intelligensie ’n groter impak kan hê as kernwapens en dat die tydperk waar die mens in beheer is, dalk besig is om tot ‘n einde te kom.
Namibië se ekonomie het 4,8 persent groei in reële BBP in die tweede kwartaal van 2026 aangeteken. Dit is gedryf deur 'n sterk herstel van 17,8 persent in landbou en soliede kleinhandelwinste. Die Namibiese Statistieke-agentskap berig dat konstruksie en mynbou egter met onderskeidelik 15,5 persent en 3,1 persent gedaal het…
Regters by die Internasionale Strafhof het die rebellebevelvoerder Mahamat Said Abdel Kani skuldig bevind aan misdade teen die mensdom vir die mishandeling en marteling van gevangenes by 'n aanhoudingfasiliteit in die Sentraal-Afrikaanse Republiek. Voorsittende regter Miatta Maria Samba.
IPC-leier Panduleni Itula sê Namibië se 2030-teiken vir eerste olie is onrealisties en voorspel dat produksie nie voor 2035 sal plaasvind nie. Itula waarsku dat internasionale oliemaatskappye nie groot bedrae geld sal belê sonder duidelike belasting-, tantième- en regulatoriese raamwerke nie. Hy sê dat groot operateurs vier jaar na die…
Die voorsitter van die Suid Afrikaanse Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, sê die Verkiesingsgedragskode is noodsaaklik vir vrye en regverdige verkiesings. Hy het tydens die ondertekening-seremonie voor die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November gesê dit bied aan 136 790 kandidate gelyke geleenthede om veldtogte te voer sonder intimidasie, geweld of onbillike verwringing…
Die voorsitter van die Kharas-streekraad, Gerrit Witbooi, doen 'n beroep op groter balans nadat slegs een jeugdige uit die suidelike streek befondsing van die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds van 317 miljoen Namibië-dollar verkry het. Witbooi het onlangs tydens 'n werkswinkel in Keetmanshoop finansiële instellings aangespoor om jong entrepreneurs duideliker terugvoer en praktiese…
Namibiërs moet hulle gereed maak vir hoër rentekoerse en brandstofkoste, met die Bank van Namibië wat na verwagting Suid-Afrika se onlangse rentekoersverhoging van 25 basispunte sal volg. Ekonoom, Robin Sherbourne waarsku hoewel prysverhogings op voedsel en kunsmis nog nie ten volle ingeslaan het nie, voortdurende spanning in die Midde-Ooste plaaslike…
Die uitbreking van bek-en-klouseer is ‘n klad op die land se naam omdat daar altyd beaam is dat die laaste uitbreking in 1961 was. So sê landboukenner Wallie Roux. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê daar is vrae oor veeartseny.
Die Suid Afrikaanse organisasie, Activists and Citizens Forum, sê aanklagte van aanranding, seksuele gereedmaking en verkragting teen die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is uiters ernstig. Woordvoerder Dennis Bloem sê howe moet geen genade betoon aan mense wat van verkragting beskuldig word nie. Bloem moedig ondersoekers aan om te sorg…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah fokus tydens haar hoë-vlak-VN-besoek op die versterking van Afrika se toegang tot gesondheidsorg. Sy beoog ook om die bevordering van digitale transformasie te verbeter en om meer ekonomiese geleenthede vir die vasteland se jongmense te skep. Tydens bilaterale gesprekke met die Spaanse premier Pedro Sánchez het sy…
Die Amerikaanse regter Timothy Kelly het die Trump-administrasie beveel om CNN, MS NBC en Politico se toegang tot die Withuis onmiddellik te herstel, nadat hulle deur president Donald Trump van die perseel verban is. Kelly het bevind dat die Trump-verbod op die mediahuise se verslaggewers onwettig is. In reaksie het…
Die hoofekonoom van KPMG, Frank Blackmore, sê die daling in kerninflasie tot 4,1-persent in Augustus is 'n positiewe teken, nadat kerninflasie die afgelope maande toegeneem het. Blackmore sê egter die hoër olie- en brandstofpryse veroorsaak opwaartse druk op vervoerkoste, wat bydra tot algehele inflasie. Hy sê behuising en nutsdienste is…
Die Suid Afrikaanse Nasionale Seereddingsinstituut vier bykans 60 jaar van lewensredding op Suid-Afrika se waters, met vieringe wat saamval met Erfenisdag en Wêreldmaritieme-dag. Die NSRI is in 1967 gestig na 17 vissermanne in 1966 naby Stilbaai dood is, wat daartoe gelei het dat Patti Price, 'n onderwyseres van Simonstad, haar…
Die voorsitter van die Gobabis skou-komitee, Danie Opperman, sê organiseerders gaan vandag boere help om alle diere vanaf die skougronde terug na hul verskeie plase te vervoer. Dit, ná die ministerie van landbou se aankondiging dat die verkoop en vervoer van alle gesplete-hoef diere summier landswyd opgeskort is, weens die…
Die DA sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens het 15 maande nadat die probleem die eerste keer uitgewys is, nog nie sy misdaadsyfers oor vroue en kinders reggestel nie. Die polisie het op 'n vergadering van die Parlement se Portefeuljekomitee oor Polisie bevestig die probleem is nog nie opgelos nie. Die DA-lid,…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.