Die DA in Gauteng sê boelie-voorvalle in skole in die provinsie het verdubbel en vanaf tien gevalle in 2023 gestyg tot 21 verlede jaar, wat leerders se veiligheid in gevaar stel. Slegs twee leerders is geskors, terwyl ander voorwaardelik kon terugkeer. Die DA se woordvoerder, Sergio Isa dos Santos, gee…
Noorweë het Italië 4-1 verslaan om die eerste keer sedert 1998 vir die Wêreldbekertoernooi te kwalifiseer. Erling Haaland se twee doele het sy totaal in die groepfase tot 16 geneem. Antonio Nusa en Jorgen Strand Larsen het ook verdoel. Portugal het ook sy plek in volgende jaar se toernooi verseker…
Selfmoord bly 'n ernstige bron van kommer in Namibië. Oor die naweek is drie gevalle aangemeld, 'n 21-jarige man in Ruacana, 'n 30-jarige man in Tsumeb en 'n 27-jarige vrou in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende aktivis Zack Itodo gepraat, wat die belangrikheid beklemtoon het om vroeë…
Die Departement van Water en Sanitasie het 'n streng waarskuwing uitgereik aan lede van die publiek om weg te bly van riviere, strome en ander watermassas tydens die aanhoudende swaar reën in dele van die land. Dit is omdat watervlakke wat vinnig styg en sterk strome aansienlike gevare inhou. Die…
Die Rough n Tough Rally 2025 het 1,3 miljoen Namibiese dollar vir die Kankervereniging van Namibië ingesamel. Dit is aangewend om die nuwe Palliatiewe Sorg-sentrum op Swakopmund te vestig. Die sentrum sal amptelik einde Januarie 2026 geopen word. Die geleentheid was 'n reuse sukses en inskrywings vir volgende jaar is…
Reaksie word ontvang op die nuus dat Namibië byna twee derdes van sy werkgewers in vyf jaar verloor het. Dit is volgens Robert McGregor, hoof van navorsing by Cirrus. Hy sê die aantal individue wat hulle as werkgewers identifiseer, het van ongeveer 45 000 in 2018 tot slegs 15 000…
Die ministerie van gesondheid het 'n nasionale tekort aan sommige medisyne en MIV-toetsstelle bevestig, maar sê nuwe voorrade word nou versprei. Uitvoerende direkteur Penda Ithindi het aan Kosmos 94.1 gesê dat die Panado-tekort voortspruit uit Fabupharm wat gedwing is om produksie te staak nadat hulle vir meer as 'n jaar…
'n Generaal-majoor van die polisie, Mary Motsepe, het die Madlanga-kommissie vertel sy was nie bewus daarvan dat dossiere oor politieke moorde in KwaZulu-Natal na die Misdaadintelligensie-hoofkwartier gestuur is vir ouditering nie. Sy het getuig sy het in Maart vanjaar op 'n informele wyse die eerste keer daarvan gehoor. Motsepe het…
Swart Vrydag kom nader en Old Mutual Namibia waarsku dat verbruikers moet versigtig wees. Mignon du Preez, hoof van bemarking en openbare sake, waarsku dat 'n winskoop nie 'n winskoop is as dit gesinne in finansiële stres plaas nie. Met die stygende lewenskoste en die feestyd net weke weg, sê…
NamRA het 'n nuwe kliëntediens bestuurstelsel, ONYOFI en ‘n terugvoerstelsel, SANSDIV bekend gestel. Volgens NamRA sal dit kliëntediens bevorder en belastingbetalers en handelaars bemagtig. NamRA-kommissaris Sam Shivute sê die agentskap wil wettige handel bevorder. Shivute het ook gepraat van dwelms ter waarde van 7,5 miljoen Namibiese dollar wat by die…
Rugby: Japan se hoofafrigter, Eddie Jones, het Wêreldrugby se huidige dissiplinêre raamwerk gekritiseer ná sy span se naelskraapse nederlaag van 24-23 teen Wallis in Cardiff. Drie Japanese spelers het geelkaarte gekry, terwyl die Walliese vleuel, Josh Adams, se geelkaart verander is na 'n rooie weens gevaarlike spel. Jones beskryf ook…
Die oliemark is in die nuus maar, die mark is ook uiters sensitief. Dit is die mening van die ekonoom Dawie Klopper na ‘n Oekraïnse aanval op Rusland se Swartsee-hawe van Novorossiysk olie-uitvoere, gelykstaande aan 2,2 miljoen vate per dag, of 2 persent van die wêreldwye voorraad, tydelik opgeskort het…
Die Stad Johannesburg het 'n Sunday Times-artikel met die opskrif, Workers’ R4bn G20 blackmail, heeltemal verwerp. Die artikel beweer die metro het 4 miljard Suid-Afrikaanse rand van sy kapitaaluitgawebegroting aangewend om 'n betoging deur die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie om die G20-leiersberaad te ontwrig, te voorkom. Burgemeester Dada Morero se woordvoerder,…
Namibië sien toenemende voorvalle van gesofistikeerdheid in kuberaanvalle. Gedurende Julie tot September het Cran se NAM-CSIRT-eenheid amper 560 000 kuberkwesbaarhede opgespoor, wat 'n toename van 1,74 persent teenoor die vorige kwartaal aandui. Mufaro Nesongano, Cran-woordvoerder.
Die direktoraat van vliegtuigongelukke in die Burgerlugvaarowerheid het sy voorlopige verslag rakende die noodlanding van die G8 Airvan, V5-EEB, op 16 Oktober suidoos van die Charlottenfelder Suidelike Diamantkamp in die Namib. Die loods het ‘n noodlanding uitgevoer na hy 'n onbeheerbare enjin gerapporteer het. Die neuswiel het ingegee tydens die…
Trustco se onderwysafdeling, die Institute of Open Learning, weier om dosyne eksamenvraestelle te merk, na bewering na studente nie duidelike identiteitsfoto's met hul slimfone kon neem nie. Nanso het 'n protes gehou waarin hulle die instituut se foutiewe ID-verifikasiestelsel daarvan beskuldig dat hulle leerders onregverdig straf wat eenvoudig nie gesofistikeerde…
Die bekende olifant, Apollo is weer in die nuus. Hy het in 2019 by die kus verskyn en is sedertdien hervestig na die Zannier-reservaat in 2020. Onlangs het Apollo 'n besering opgedoen en het hy kruppel voorgekom. Wildsveearts, dr. Ulf Tubbesing van Wildlife Vets Namibia het ondersoek ingestel en die…
Die Windhoek-aktivis Shaun Gariseb sal weer môre in die Katutura-landdroshof verskyn na hy en gemeenskapslede van die Katutura Sentrale Kiesafdeling, rioolafval by die Katutura Munisipale kantoor gestort het. Hy staar klagtes van aanhitsing tot openbare geweld, obstruksie en openbare onsedelikheid in die gesig. Hy vra ondersteuners om op te daag…
Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Suid-Afrika het die nasionale instituut vir die verwydering van radioaktiewe afval gestig om alle radioaktiewe afval in die land te verwyder. Hy sê Vaalput se lae- en intermediêre afvalverwydering sal belangrik wees en sluit in die verwydering van Koeberg se langtermyn-bedryfsafval…
17 Nov 4AM
1 min
460 – 480
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.