OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,777 Episodes
820 – 840

Hans-Jurie Moolman bespreek vandag regsaanspreeklikheid

Hans-Jurie Moolman, bekende regskenner en grondregkundige, behandel regsaanspreeklikheid van werkgewers teenoor werknemers. Hy verduidelik onder andere wanneer ontstaan regsaanspreeklikheid, byvoorbeeld as ‘n werknemer ‘n ongeluk sou veroorsaak met die werkgewer se voertuie. Bevoegtheid, gesondheidstoestand en die bepaalde risiko's wat sekere omstandighede inhou, is belangrike aspekte wat verder uitgelig word.
21 Nov 2022 1AM 3 min

PM berig oor 'n suiwelmaatskappy wat diervrye suiwelprodukte ondersoek

Nestlé, een van die wêreld se grootste suiwelmaatskappye, ondersoek tans die moontlikhede en potensiaal van diervrye suiwelprodukte. In vennootskap met die Kaliforniese maatskappy, Perfect Day, word na ‘n hele paar opsies gekyk. Nestlé het in die persverklaring laat blyk dat hulle baie opgewonde is oor die nuwe verwikkelinge.
21 Nov 2022 1AM 1 min

PM berig oor nuus uit die wildbedryf

PM berig oor smokkelaars van ietermago skubbe, wat onlangs vasgetrek is en voorlopige ondersoeke dui daarop dat hulle deel is van ‘n groot smokkelnetwerk. Die Nigeriese regering het groot deurbrake in hierdie verband gemaak. Daar is ook beslag geneem op onder andere renosterhorings, leeubene en ander onwettige besit van wildprodukte.
18 Nov 2022 1AM 1 min

PM het nuus oor Zimbabwe wat ‘n rekord koringoes verwag

Zimbabwe het ‘n verwagte rekord koringoes wat aan die binnelandse behoefte behoort te voldoen. Dit toon ook ‘n groot verbetering op vorige seisoene . Nuus uit Australië: nuwe dierewelsynstandaarde en vereistes vir pluimvee is onlangs in die land ingestel. Hoenders moet byvoorbeeld ‘n minimum van 6 ure donkerte per dag…
17 Nov 2022 2AM 1 min

Dr. Johnny vd Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Mieliepryse het effens gedaal, sowel as sojapryse. Witmielies se pryse kan steeds onder druk bly terwyl sonneblompryse sywaarts beweeg het. Pryse kan steeds verhoog in Februarie en Maart volgende jaar. Lusern en suikerboonpryse…
16 Nov 2022 4AM 2 min

Dr Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week versterk teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalfpryse het weer verder gedaal. Stoorlampryse het hierdie week onder druk gebly en lampryse het gedaal. Hoenderpryse het verder gestyg hierdie week. Pryse kan steeds onder…
16 Nov 2022 4AM 3 min

PM berig oor nuus van trofeejag in Namibië

Groot omstredenheid bestaan tans in die wildbedryf in Namibië. Vir wildboere en die Namibiese regering, is bewaringsjag en die voordele daarvan baie belangrik. Trofeejag speel ‘n groot rol in die Namibiese ekonomie. Ekstrimiste teen trofeejag, veral in Brittanje en Europa, wil maatreëls teen trofeejag instel sodat dit verbied sal word…
14 Nov 2022 12AM 1 min

PM berig oor ‘n webinar wat Woensdag aangebied word

‘ n Interessante Landbou markwerkswinkel-webinar word eerskomende Woensdag aangebied van 14:00-16:00. Die tema is “Bou ‘n risiko reserwefonds”. Die bekende landbou-ekonoom, Prof Johan Willemse gesels ook onder andere oor “Ekonomie en die nuwe somerseisoen vooruitsigte”.
14 Nov 2022 12AM 1 min

PM berig oor die nuwe suiwel-innovasiesentrum vir Skotland

Skotland het ‘n nuwe suiwel-innovasiesentrum in Skotland begin. Planne is reeds ingedien en ver gevorder. Dit is ‘n digitale suiwelprojek. Daar word voorspel dat meer as 600 werksgeleenthede kan skep. Een van die grootste voordele is ook die beperking en vermindering van kweekhuisgasse.
11 Nov 2022 2AM 1 min

PM berig oor nuus uit die wildbedryf

Bedreigde aasvoëls is in Botswana dood gevind, asook in die Krugerwildtuin in Suid-Afrika. Bewaringsgroepe probeer hul uiterste bes om die spesies van uitwissing te red. Intussen is verskeie leeus onlangs uit haglike en onveilige omstandighede in ‘n Romeense distrik gered en in die distrik van Bethlehem, in die Vrystaat vrygelaat.
11 Nov 2022 2AM 1 min

Dr Johnny vd Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Witmielies se pryse het gedaal hierdie week, assok die van geelmielies. Sojapryse en sonneblompryse het ook weer gedaal saam met koringpryse. Lusern en suikerboonpryse het weer in die week effens gestyg.
9 Nov 2022 3AM 1 min

Dr Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week onder druk gebly teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalfpryse het verder gedaal. Stoorlampryse het effens opwaarts gestyg hierdie week. Hoenderpryse het effens gestyg. Varkpryse, veral spekvarkpryse het weer gestyg as gevolg van…
9 Nov 2022 3AM 3 min

Prof. Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat

Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die goeie reën en klimaatsveranderinge en die effek daarvan op die sektor. Die COP27-beraad het ook pas afgeskop in Afrika en Maré gee ‘n oorsig daaroor. Koolstofteikens en –voetspore is nog ‘n onderwerp onder bespreking en Mare…
8 Nov 2022 1AM 3 min

PM berig oor die belangrikheid en waarde van biosekuriteit

Voedselsekerheid en die instandhouding van dieregesondheid is afhanklik van die belangrike waarde van biosekuriteit. Ander bedrywe kan ook geraak word deur die nie-nakoming van sekere maatreels. Dit is ook noodsaaklik dat die regering en die landbousektor saamwerk op verskeie terreine om die beste vir die bedryf uit te haal. Die…
7 Nov 2022 5AM 1 min

PM berig oor ‘n suiwelmaatskappy wat begin het met nie-suiwelproduksie

Fonterra, die bekende Nieu-Seelandse suiwelkooperasie, het besluit om beleggings te maak in nie-suiwelproduksie. Fonterra is sedert 2019 besig met navorsing oor nie-suiwelproduksie en het besluit om presisiefermentasie te bevorder waar sekere proteine, vette en ensieme gekweek word.
7 Nov 2022 4AM 1 min
820 – 840