Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Die regering het nuwe standaarde aangekondig en gepubliseer vir die verwerking van sekere rouvleisprodukte. Dit sluit in maalvleis, gegeurde rouvleis, burger patties en vleisworsies. Daar word ook gedefinieer oor die vetinhoud van sekere van hierdie produkte.
Charl Saunderson is ‘n bekende Dorper-teler van Kenhardt in die Noord-Kaap en hy gesels in sy weeklikse praatjie “Kom ons praat ‘n bietjie boer”, weer oor ‘n interessante onderwerp rakende mense van alle kuLture en die boerdery self. Hy bring weer ‘n boodskap van hoop vir produsente.
Volgens syfers wat bekend gemaak is, wil ‘n kwart van die melkboere in Wallis en Engeland binne die volgende twee jaar, die bedryf verlaat. Insetkoste wat te hoog is, brandstofpryse en heelwat ander praktiese redes maak dat die bedryf ’n minder rooskleurige prentjie vir die toekoms skets.
PM berig oor 'n interessante boeredag wat volgende week gaan plaasvind in die Barkly-Wes omgewing op die plaas van James Faber, Nasionale RPO voorsitter en ook Veeplaas se 2022 se Klimaatslim Ambassadeur.
Volgens syfers wat bekend gemaak is, is die totale maandelikse aanbod van melk die laagste in ‘n paar jaar. Talle melkboere toon verliese in hul produksie en die pryse sorg vir groot uitdagings. Intussen het Nieu-Zeeland hul heel eerste elektries-gedrewe tenkwa vir melk bekendgestel Dit help ook om die koolstof-voetspore…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Covid-beperkings wat in China opgehef word, maak dat daar groter belangstelling is. Oeste in Europa is laer. Sojapryse het gestyg. Sonneblompryse het gestyg in die week. Koring het intussen ‘n groter vraag getoon…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week verswak teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalfpryse het begin daal. Stoorlampryse het weer verder gedaal hierdie week. Pryse kan onder druk kom in November. Hoenderpryse het gestagneer. Varkpryse, veral spekvarkpryse het weer…
‘n Mosambiekse park het vir die eerste keer in 40 jaar weer witrenosters ingeneem. Die terugkeer van die witrenoster na Mosambiek, spesifiek by die Zinave Park, beteken dat Mosambiek weer ‘n toeriste aantreklikheid kan word omdat hulle dan die Groot Vyf huisves. Anti-renosterstropings-aktivis Wayne Bolton, het vanaf Namibië tot in…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmielies het weer gestyg hierdie week. Sojaboonpryse het egter gedaal. Die sterk Amerikaanse dollar oefen ook druk uit op die markte. Koringpryse het ook gestyg en daarmee saam het lusernpryse ook…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week weer versterk teenoor die Amerikaanse dollar. Stoorlampryse het weer verder met 1% gedaal hierdie week. Hoenderpryse het weer verder gestyg hierdie week. Varkpryse, veral spekvarkpryse het weer gestyg as gevolg van…
Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels vandag oor die kongres van die Landbou-ekonomie vereniging wat tans in Swakopmund, Namibië aangebied word. Maré gee ‘n oorsig oor die besprekingspunte wat tans op die kongres bespreek word. Hy verwys onder andere na die voedselwaardeketting wat ontwrig…
Faan van Zyl is ‘n leierboer in die Bloemfontein-omgewing wat bekend was as ‘n koring- en mielieprodusent. Deesdae produseer hy egter ‘n gesogte haloumi-kaas wat veral baie gewild is by boeredae, skoue en kunsfeeste. Van Zyl vertel waar die liefde vir kaas vandaan kom en hoe hulle die produk bemark.
Die Australiese regering doen alles in hul vermoë om bek-en-klouseer in hul land te voorkom. Volgens die land se minister van landbou, word maatreëls verskerp in ‘n poging om die siekte uit die land te hou. Onlangs is onder andere ‘n Indonisiese burger by die lughawe betrap met ‘n vleisproduk…
Charl Saunderson is ‘n bekende dorper stoetteler van Kenhardt in die Noord-Kaap, maar ook ‘n berader, predikant en motiveringspreker. Hy gebruik eenvoudige “boere-terme” om ‘n belangrike skakel in die boerdery uit te wys en deel so ‘n paar lesse met mede-landbouers.
Oekraïne se melkkuddes is besig om heeltemal te kwyn as gevolg van die voortslepende oorlog met Rusland. Tot soveel as ‘n derde van die land se kudde sal tot niet gaan, sou die oorlog tot in 2023 voortduur. Meer as 50 000 koeie het alreeds gevrek. Melkplase se infrastruktuur word…
PM berig oor 'n interessante kudde kompetisie in die Oos-Kaap vir kommunale boere en hy het ook nuus oor 'n nuwe identifikasiestelsel vir skaap-en bok produsente in Australië.
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmielies het weer gestyg hierdie week.
28 Sep 2022 3AM
2 min
860 – 880
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.