OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,777 Episodes
880 – 900

Prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat

Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, bespreek vandag die onlangse verhoging van rentekoerse. Daar is groot kommer oor die skuldlas wat die landbousektor tref. Die rand se waarde teenoor ander geldeenhede staan steeds uit. Die res van die wêreld het egter ook verhoogde rentekoerse…
27 Sep 2022 2AM 3 min

PM gesels met ‘n boervrou uit die Kalahari, Petro Spangenberg

Petro Spangenberg is ‘n boervrou van die Kuruman/Kathu/Deben-omgewing en sy vertel van haar ervaring op die plaas en wat dit vir haar menswees beteken. Sy deel haar liefde vir die natuur en vir diere. Sy verduidelik haar gevoel van genoegdoening as sy op die plaas is en die waardering wat…
26 Sep 2022 2AM 2 min

PM berig oor landbou se vertrouensindeks

Daar is ‘n daling in die indekse van landbou se syfers. Stygende insetkostes en rentekoerse wat steeds verhoog, skep ‘n kommerwekende prentjie, maar daar is steeds ‘n gunstige prentjie om na uit te sien. Ten spyte van al die uitdagings, is daar steeds hoop vir die sektor.
26 Sep 2022 2AM 1 min

Charl Saunderson gesels in sy weeklikse progam “Kom ons praat ‘n bietjie boer”

Charl Saunderson is ‘n bekende dorper stoetteler van Kenhardt in die Noord-Kaap, maar ook ‘n berader, predikant en motiveringspreker. Hy gebruik eenvoudige “boere-terme” om ‘n belangrike skakel in die boerdery uit te wys en deel so ‘n paar lesse met mede-landbouers. Hy gesels vandag verder oor ‘n paar “oorgee”-beginsels in…
23 Sep 2022 2AM 5 min

PM reports on interesting facts about the game meat industry

Cabinet has approved the publication of a draft strategy to formalise and transform South Africa’s game meat industry. These strategies would provide mechanisms of interventions to unlock the full economic potential of the game meat industry domestically, regionally and internationally.
23 Sep 2022 2AM 1 min

Prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat

Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels vandag oor die groei in die ekonomie. Maré wys uit dat daar ‘n inkrimping was die afgelope tweede kwartaal. Landbou se bydrae tot die ekonomie het met bykans 21% gedaal. Landbou het in 2021 in die tweede kwartaal…
20 Sep 2022 2AM 3 min

PM berig oor onder meer die moontlikheid van biologiese wolverwydering

‘n Tekort aan skeerders in Australië het wolprodusente genoop om alternatiewe maniere te vind om wol te oes. Biologiese of chemise wolverwydering is ‘n proses wat al langer as ‘n dekade ontwikkel word en onlangse proefnemings kyk weer na die lewensvatbaarheid daarvan. Intussen is daar in Nieu-Seeland weer pogings aan…
19 Sep 2022 2AM 1 min

PM berig oor die oorlog in Oekraïne wat die suiwelbedryf knou

Melkprodusente en –verwerkers in die Oekraine bevind hulle tans in ‘n finansiële krisis as gevolg van die oorlog, omdat supermarkte betalings aan verwerkers vertraag en selfs weerhou. Supermarkte is self in die knyp aangesien baie verbruikers reeds uit die land gevlug het.
19 Sep 2022 2AM 1 min

Charl Saunderson gesels in sy weeklikse progam “Kom ons praat ‘n bietjie boer”

Charl Saunderson is ‘n bekende dorper stoetteler van Kenhardt in die Noord-Kaap, maar ook ‘n berader, predikant en motiveringspreker. Hy gebruik eenvoudige “boere-terme” om ‘n belangrike skakel in die boerdery uit te wys en deel so ‘n paar lesse met mede-landbouers. Hy gesels vandag oor ‘n paar “oorgee”-beginsels in boerdery…
16 Sep 2022 2AM 5 min

PM berig oor vertrouensvlakke wat in die tweede kwartaal gedaal het

Vertrouensvlakke, veral in die vervaardigingsbedryf, het in die tweede kwartaal skerp gedaal. Bykomende teenstand het ‘n afname in vertroue teweeggebring. Die impak van die vloede in Kwazulu-Natal, toenemende beurtkrag en die Rusland-Oekraine oorlog, was die grootste bydraende faktore hoekom vertroue met 14 punte tot 29 gedaal het.
16 Sep 2022 2AM 1 min

PM berig oor die rosyntjiebedryf

Die rosyntjiebedryf het die afgelope jaar deur baie uitdagings moes gaan, onder andere oor water- en versuipskade. Nietemin berig die Hoof Uitvoerende Bestuurder van Raisins SA, Ferdie Botha, in die organisasie se jaarverslag, dat die bedryf positiewe vooruitgang voorspel in die volgende paar jaar. Botha spel ook die belangrikste strategiee…
15 Sep 2022 2AM 2 min

Dr Johnny vd Merwe, bekende landbou-ekonoom, gesels oor kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmielies het weer gestyg hierdie week. Die gehalte oeste lyk steeds goed in die VSA en oefen ‘n groot invloed op pryse uit. Sonneblompryse het gedaal in die week. Koring het…
14 Sep 2022 3AM 2 min

Dr Johnny van der Merwe, 'n bekende landbou-ekonoom

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week versterk teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalfpryse het sywaarts beweeg. Stoorlampryse het weer verder gedaal hierdie week. Hoenderpryse het gestabiliseer. Varkpryse, veral spekvarkpryse het weer gestyg, maar bokpryse het huidige vlakke gehandhaaf…
14 Sep 2022 3AM 3 min

PM berig oor ‘n afname in veediefstal in die laaste boekjaar

Die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum berig dat daar in die laaste boekjaar ‘n persentasie afname in veediefstal was veral in die Wes-Kaap, Oos-kaap , Noord-kaap en Gauteng provinsies. Daar was egter groot toenames in Limpopo en die ander provinsies, waar veediefstal die hoogte ingeskiet het. Die waarde van vee het egter ook…
13 Sep 2022 2AM 1 min

Hans-Jurie Moolman, ‘n bekende regskundige

Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende prokureur wat ‘n kundige is op die gebied van grondregte. Vandag bespreek hy die oprigting van strukture deur plaasbewoners. Verskeie onlangse regsuitsprake het lig op hierdie onderwerp gewerp. Moolman verduidelik onder andere ook die oprigting van sogenaamde nuwe strukture, asook bouregulasies in munisipale gebiede en…
12 Sep 2022 2AM 4 min

Pieter Moller berig oor waarskuwingstekens wat diere op paaie kan beskerm

Kaapstad, in samewerking met verskeie natuurlewe organisasies, het begin om sogenaamde “natuurlewe waarskuwingsekens” langs verskeie paaie op te rig, om te help verhoed dat diere langs paaie doodgery word. Daar was alreeds hiermee ‘n groot verandering teweeg gebring. Verskillende spesies soos bobbejane, ape, skilpaaie, ystervarke, rooikatte en so meer, word…
12 Sep 2022 2AM 1 min
880 – 900