OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,777 Episodes
900 – 920

Charl Saunderson gesels in sy weeklikse progam “Kom ons praat ‘n bietjie boer”

Charl Saunderson is ‘n bekende dorper stoetteler van Kenhardt in die Noord-Kaap, maar ook ‘n berader, predikant en motiveringspreker. Hy gebruik eenvoudige “boere-terme” om ‘n belangrike skakel in die boerdery uit te wys en deel so ‘n paar lesse met mede-landbouers. Hy gesels vandag onder andere oor ‘n veiling wat…
9 Sep 2022 2AM 6 min

PM berig oor antibiotika wat met dagga vervang word

In Thailand is eksperimente op ‘n plaas begin waarin vrylopende hoenders dagga in plaas van antibiotika gevoer word. Die navorsing en toetse het belowende resultate opgelewer. Minder as 10% van die hoenders het in ‘n jaar gevrek. Fyngemaakte dagga is by die hoenders se kos en water gevoeg en geen…
9 Sep 2022 2AM 1 min

PM gesels met Gawie van Heerden, bekende merino-teler van die Noord-Kaap

Gawie van Heerden is ‘n bekende leierboer uit die Victoria-Wes-distrik van die Noord-Kaap. Van Heerden het ‘n dekade of wat gelede die groep, Konsortium Merino, gestig wat die wolbedryf ‘n groot hupstoot gegee het. Van Heerden vertel van die onlangse produksieveiling van die groep en die suksesse wat behaal is…
8 Sep 2022 5AM 4 min

Dr Johnny vd Merwe, bekende landbou-ekonoom, gesels oor die kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmielies het gestyg hierdie week. Laer opbrengste in die VSA is een van die redes hiervoor. Die gehalte oeste lyk verder goed in die VSA en oefen ‘n groot invloed op pryse uit. Sojabone…
7 Sep 2022 2AM 3 min

Dr Johnny van der Merwe, bekende landbou-ekonoom

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Onsekerheid oor energiepryse oorsee, het ‘n invloed op pryse. Die rand het die afgelope week verswak teenoor die Amerikaanse dollar. Stoorlampryse het weer effens gedaal. Hoenderpryse het verder gedaal. Die swakker rand kan egter ‘n opwaartse tendens…
7 Sep 2022 2AM 3 min

Prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat

Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels vandag oor beurtkrag en die uitwerking daarvan op die sektor. Veral besproeiingsboere kry swaar en dis moeilik om alternatiewe kragbronne te vind op kort kennisgewing. Onvoorsiene instandhoudingswerk bemoeilik sake verder. Voorspellings van tot 20 dae beurtkrag in ‘n…
6 Sep 2022 7AM 3 min

PM gesels met die Hoof Uitvoerende Bestuurder van Raisins SA, Ferdie Botha

Ferdie Botha is die Hoof Uitvoerende Bestuurder van Raisins SA. Tydens ‘n simposium van die bedryf in Upington, gesels hy oor hoe om die bedryf se uitdagings die hoof te bied. Volgens hom het slegte weerpatrone in die laaste twee jaar veroorsaak dat die bedryf skade gely het, maar Botha…
5 Sep 2022 2AM 2 min

Prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat

Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die opwaartse inflasie- en rentekoers . Mare glo dat dit die laaste maand is van hierdie stygings en dat inflasie van hier af kan afneem. Hy verduidelik ook die verligting van brandstofpryse en moontlike ekonomiese groei wat…
31 Aug 2022 6AM 3 min

PM berig oor skape wat hulle eie vagte afgooi

The Guardian in Brittanje berig oor Britse landbouers wat skape soek wat self verhaar. ‘n Skaap is ontwikkel wat sy eie vag kan afskud, aangesien skaapskeer te duur begin word het en selfs meer kos as wat die wol werd is. Die skape se verharingseienskap het sy oorsprong in die…
31 Aug 2022 4AM 1 min

PM berig oor ‘n nuwe fynboslelie wat in die Wes-Kaap ontdek is

‘n Nuwe Fynboslelie is in die Agulhas Nasionale Park gevind. Die blom is in die Nuwejaarsvleilande ontdek. Dit kan een van die dae op die sogenaamde rooilys van bedreigde plantspesies geklassifiseer word, aangesien die park heelwat bedreigde plante en blomme huisves.
30 Aug 2022 11PM 1 min

Pieter Moller gesels met Jannie Strydom

Pieter Moller gesels by die pas afgelope jaarkongres van Agri Weskaap met die Uitvoerende Hoofbestuurder van die organisasie, Jannie Strydom.
25 Aug 2022 3AM 3 min
900 – 920