100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
1120 – 1140

Mpumalanga polisie verlig oor vreedsame verkiesingskonferensies

Mpumalanga se polisiekommissaris, Luitenant-Generaal Semakaleng Manamela, het polisielede geloof vir hul bydrae tot vreedsame verkiesings-konferensies wat die afgelope weke in die provinsie gehou is. Die ANC se Ehlanzeni- en Gert Sibande-streke het die naweek in onderskeidelik Witrivier en Badplaas konferensies gehou. Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie se verkiesing was ook sonder…
12 Apr 2022 10AM 1 min

Crux vier Paasfees by Church Unlimited

“Crux: The Musical” word hierdie Paasnaweek op die planke gebring by Church Unlimited. Sanger, liedjieskrywer en komponis Lizanne Barnard het die teks geskryf en Andrew Botha is die regisseur. Zane Meas vertolk die titelrol van Barabbas, uit wie se oogpunt die Paasverhaal vertel word. Barnard sê sowat 50 musikante is…
12 Apr 2022 9AM 1 min

Vermeende transitorower aangekeer deur middel van vingerafdrukke

‘n Vermeende transitorower is deur die Valke aangekeer. Die 22-jarige Sandiso Ngomane het Vrydag in die Kabokweni-hof verskyn. Die rooftog het op 19 Maart plaasgevind toe ‘n Fidelity-geldwa op pad na Masoyi van die pad afgedruk is. Twee sekerheidswagte is van hul vuurwapens beroof en die voertuig oopgeblaas. Die ongebekende…
12 Apr 2022 5AM 1 min

Witrivier-man gevonnis oor onwettige wapen

Die 39-jarige Warren Macaulay is Vrydag tot 10 jaar tronk toe gestuur, of ‘n 10-duisend-Rand boete opgelê, vir oortreding van die Wet op die Beheer van Vuurwapens, onwettige besit van ‘n vuurwapen en bedrog. Volgens die Valke se kaptein Dineo Sekgotodi het hy skuldig gepleit op die klagte in die…
12 Apr 2022 5AM 1 min

Trac N4 gereed vir Paasnaweek verkeer

TRAC N4 is gereed vir die verwagte volumes verkeer wat jaarliks Paasnaweek tussen Mpumalanga, Gauteng en Maputo toeneem. Kommunikasiebestuurder, Solange Soares, sê dit is die besigste tyd van die jaar op dié roete. Na verwagting sal dit Donderdag tussen 12:00 en 22:00, Vrydag 09:00 tot 15:00 en weer Maandag van…
11 Apr 2022 7AM 1 min

Twee leeus in Martloth Park gevang

Twee van die losloperleeus wat sedert November in Marloth Park opgemerk is, is Vrydagaand suksesvol gevang. Chris Hobkirk van die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap (MTPA) sê die jong mannetjie en wyfie het die afgelope maande as ‘n paartjie saam beweeg. Dit is moontlik dat daar steeds drie leeus oor is…
11 Apr 2022 5AM 1 min

Bediening op Wiele nou ‘n geregistreerde NPO

Bediening op Wiele Nelspruit, wat reeds 18 jaar benodigdhede soos kos, klere en huishoudelike items insamel en versprei na behoeftige mense, is nou ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie. Santie Tyrer sê hulle het verlede jaar besef hierdie stap is nodig om hulle in staat te stel om meer mense te kan…
31 Mar 2022 8AM 1 min

Mpumalanga departement se skuld aan munisipaliteit belemmer dienste

Inwoners van dorpe in Emakhazeni-munisipaliteit het reeds ‘n maand lank nie toegang tot lisensiedienste nie, omdat die Mpumalanga departement van gemeenskapsveiligheid hulle na bewering 1,5-miljoen-Rand skuld. Volgens raadslid Foyoyo Maseko het die munisipaliteit die kragtoevoer na die Belfast-kantore afgesny weens die uitstaande skuld. Die DA sê amptenare word ook toegang…
31 Mar 2022 7AM 1 min

Leeus in Marloth is nou drie

Daar is nog drie opgeskote leeus los in Marloth Park. In Desember is vyf leeus in die reservaat opgemerk. Gerrie Camacho van die Mpumalanga Toerisme en Parke-agentskap (MTPA) sê die groot mannetjie het intussen sy intrek by Lionspruit geneem en die groot wyfie, die ma van die drie oorblywende jonges,…
31 Mar 2022 4AM 1 min

Sonpark neem 'n eiland aan

Sonpark-sentrum het die jongste maatskappy geword om saam met vennote 'n openbare deel van Mbombela as hul eie aan te neem. Gené van Niekerk verduidelik dat geïnspireer is deur die Our City of Mbombela-inisiatief wat onlangs geloods is om die dorp self mooier, skoner en veiliger te maak. Sonpark het…
30 Mar 2022 8AM 1 min

Oorlewingsopleiding eersdaags by Klipspringer

'n Mens moet realisties wees oor die unieke uitdagings wat die lewe in Suid-Afrika aan inwoners stel, en daarom het Johan Grobler besluit om volgende naweek "oorlewingsopleiding" na Klipspringer Lodge te bring. Voormalige lede van die verkenningskommando in die SA weermag sal stories kom deel, maar ook praktiese opleiding gee…
30 Mar 2022 7AM 1 min

Man vermoor en verbrand in Piet Retief

Vyf verdagtes word deur die polisie gesoek na die 31-jarige Mxolisi Ndlela Maandagaand in Piet Retief vermoor is. Hy was saam met sy vrou en kind by die huis toe die aanvallers, gewapen met messe, hom uit die huis gesleep het. Hy is doodgekap en sy liggaam is aan die…
30 Mar 2022 6AM 1 min

Sewende verdagte vas na polisielid se dood

'n Sewende verdagte wat glo betrokke was by die skietery wat Vrydagoggend die lewe geëis het van 'n polisiesersant, het homself gister aan die polisie oorgegee. Volgens die Valke se kaptein Dineo Sekgotodi sal hy vandag in die hof verskyn. Die ses wat Vrydag op die toneel aangekeer is, het…
30 Mar 2022 5AM 1 min

Plaaslike mediese navorser in Ghana vereer

Eurika Mogale het die naweek ‘n internasionale prys gewen in Ghana, waar sy Suid-Afrika verteenwoordig het by die “Forty under 40” Afrika-toekennings. Dit was vir die werk waarby sy betrokke was om kommunikasie oor Covid-19 aan die begin van die pandemie toeganklik en vryelik beskikbaar te maak. Hoewel Mogale in…
29 Mar 2022 8AM 1 min

Gru-ongeluk eis baba, kind

Drie mense is gistermiddag dood in ‘n gru-ongeluk tussen Ermelo en Lothair toe ‘n Polo TSI en Audi A3 in ‘n kop-botsing was op die R39. Die oorledenes - ‘n maand-oue baba, ‘n 13-jarige seun en ‘n 27-jarge vrou - was almal passasiers in die Polo. Die bestuurder van die…
29 Mar 2022 5AM 1 min

VF Plus vra Groen Skerpioene om Mpumalanga-munisipaliteit te ondersoek

Die VF Plus het ʼn klag ingedien by die Groen Skerpioene teen die Govan Mbeki-munisipaliteit in Secunda vir die wanbestuur van vullisterreine. Volgens raadslid, Louise Jonker, word daar nie aan minimum vereistes soos toegangsbeheer, brandregulasies, omheining en rehabilitasie voldoen nie. Sy sê die tarief wat gehef word vir vullisverwydering is…
28 Mar 2022 6AM 1 min

Polisie bekommerd oor aanvalle op lede

Die Mpumalanga polisiekommissaris, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, is bekommerd dat polisielede toenemend deur kriminele geteiken word. Gisteraand is ‘n 24-jarige man en 26-jarige vrou aangekeer na hulle op die polisie geskiet het, terwyl hulle probeer vlug het van ‘n winkelsentrum naby Calcutta waar hulle na bewering ‘n roof uit wou voer…
28 Mar 2022 4AM 1 min

Wiseman Khumalo kry vyf-jaar term as Mbombela-stadsbestuurder

Wiseman Khumalo is vandag vir 'n vyf-jaar termyn aangestel as Mbombela-munisipaliteit se stadsbestuurder. Khumalo is sedert Oktober 2019 in die pos na sy voorganger, Neil Diamond, bedank het. Hy is op 'n twee-jaar kontrak aangestel wat verlede jaar verleng is. Die raad het vandag, tydens 'n spesiale raadsvergadering, gestem om…
25 Mar 2022 8AM 1 min

Brei 'n Bidbeertjie vir Jesus

Noeline Waters is op 'n missie op Bidbeertjies vir Jesus in die Nelspruit-omgewing te versprei aan almal wat die vertroosting wat dit bied nodig het. Om die projek uit te brei benodig sy mense wat kan help brei of hekel aan die beertjies, hulle kan stop, of die materiaal kan…
24 Mar 2022 8AM 1 min

Sê jou sê oor beplande wysiging aan regulasies

Die publiek het tot 15 April om kommentaar te lewer op die gesondheidsdepartement se voorgestelde regulasies om Covid-19 en ander mediese toestande buite die ramptoestand te hanteer. Dit sal wetlike instrumente daar stel om die huidige en toekomstige pandemies te bestuur. Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer sê die regulasies maak…
24 Mar 2022 6AM 1 min
1120 – 1140