Die Uitkyk-pad in Nelspruit is nou heelwat veiliger na We Care for Nelspruit, die Claremont-gemeenskapspolisiëringsforum en die plaaslike AfriForum-tak dit skoon gesny het. Die pad was erg toegegroei met bome en bosse wat die pad op plekke vir voetgangers versper het, sodat drawwers en fietsryers in gevaar gestel is. Die…
Die VF Plus sê die twee plaasaanvalle die afgelope twee weke in Mpumalanga, bewys dat landelike veiligheid nie ‘n prioriteit is vir die polisie of provinsiale regering nie. Sondag is die 76-jarige Gustav Rappart op sy plaas buite Delmas vermoor. Op 11 Maart is vier mense vasgebind en gemartel by…
‘n 36-jarige man, wat na vermoede met transitorooftogte verbind word, is gister in Schoemansdal aangekeer. Volgens die polisie se brigadier Selvy Mohlala het die polisie gereageer op inligting oor drie verdagte voertuie. Hulle het op ‘n Mercedes Benz, BMW en Ford Ranger toegeslaan. 'n Onbekende aantal verdagtes het te voet…
Die polisie in Mpumalanga het 'n soektog van stapel gestuur nadat die internasionaal-bekroonde Ndebele-kunstenaar Esther Mahlangu (87) gewelddadig aangeval en beroof is in haar huis in Siyabuswa, naby Kwamhlanga Saterdagmiddag. Mpumalanga polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê 'n man het haar huis betree en haar gegryp en in haar gesig geslaan…
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens sal Maandag, op Menseregtedag, ‘n groot bloedskenkings-veldtog hê in ‘n poging om 7-duisend eenhede bloed in te samel. Hulle teiken daagliks die versameling van 3-duisend eenhede landwyd, maar ervaar tans ‘n ernstige tekort aan bloed. Lebo Matsimbi van die Laeveld-tak sê die skenking van bloed beskerm…
Hi-Tech Sekuriteit sê Toyota-voertuie word tans in die Laeveld deur diewe geteiken. Callum Mac Pherson sê eienaars moet veiligheidsmaatreëls tref, soos hul voertuig agter ander parkeer, die sleutels beveilig en seker maak hul opsporingstelsels is in orde. Hy sê daar is ‘n groot vraag na Toyotas, ook buite Suid-Afrika se…
Die minister van Justisie, Ronald Lamola, het vanoggend die rede gelewer by die provinsiale Grondwetlike Regte Konferensie by die Universiteit van Mpumalanga. Dit vier die 25ste herdenking van die Grondwet. Dit is bygewoon deur onder meer die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, Mbombela burgemeester Sibongile Makushe en Mpumalanga regter-president Francis Legodi. Lamola…
'n Man het na bewering vanoggend ‘n brand gestig in 'n kantoor by January "Che" Mashilela-huis, die ANC se provinsiale hoofkantoor, in Nelspruit. Ooggetuies wou nie op die toneel met die media praat nie, maar daar word verstaan dat die man die kantore besoek het. In een kantoor het hy…
Curro Nelspruit het gisteraand amptelik hul nuwe teater, die Sycamore, ingewy met ‘n kultuur skouspel. Met die tema, "Reik vir die sterre" het leerlinge hul slag gewys agter die mikrofoon, op hul instrumente, met drama-opvoerings en, natuurlik, in dans. Oud-sterleerlinge Mateo Komlosy en Thando Silinda het ook opgetree. Curro Nelspruit…
‘n 35-jarige man is gister deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Graskop 35 jaar tronkstraf opgelê vir die moord, in September 2020, op die ma van sy seun. Brigadier Selvy Mohlala weerhou hul name om die kind se identiteit te beskerm. Die 32-jarige vrou is die betrokke aand in Marite naby…
Die VF Plus wil waterverskaffing aan Hazyview laat privatiseer. Mbombela raadslid, Ken Robertson, sê die bystandpomp by die hoofwatersuiweringsaanleg is reeds vir 15 maande buite werking en die hoofpomp het intussen ook gebreek. Geen aksie is egter geneem om die bystandpomp betyds te herstel nie en die plaaslike landbougemeenskap moes…
Twee mans wat aan verskeie moorde en gewapende rowe gekoppel word, is Vrydagaand in Marite naby Bosbokrand gearresteer. Die polisie het inligting ontvang oor individue in besit van vuurwapens. Die taktiese reaksie-eenhede van Tshwane en Ekurhuleni het saam met die Calcutta-taakmag gereageer. Elkeen was in besit van ‘n 9-milimeter-pistool. Hulle…
Curro Nelspruit vier volgende week hul tiende jaar met ‘n weeklange fees. Dit skop Maandag af met Frank Opperman se vertoning van “Donkie” en die kultuur “showcase” Dinsdagaand in die opgegradeerde saal met van die skool se oud sterre asook huidige talent. Woensdag se stigtersdag sal deur die uitvoerende hoof…
Opposisiepartye in die Mpumalanga wetgewer het hul mismoë uitgespreek met die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Vusi Mkhatshwa, se begroting vir die 2022/23 finansiële jaar. Hy het dit Dinsdag te tafel gelê. Die DA se Bosman Grobler sê dit is teleurstellend dat dit geen daadwerklike planne bevat om…
‘n Mannejag is geloods na ‘n sake-eienaar en sy gesin gisteraand noodlottig geskiet is in hul huis in Kasteel naby Bosbokrand. Volgens die polisie het bure om ongeveer half 8 skote gehoor. Kort daarna is twee mans gesien wat oor die muur spring en vlug. Die slagoffers is geidentifiseer as…
Die VF Plus sê Mbombela-munisipaliteit moet dringend die geld oorbetaal wat hulle aan die DBV verskuldig is. Freddy Robertson sê die munisipaliteit se gesloer om ʼn betalingsooreenkoms tussen hulle en die Laeveld DBV te eerbiedig het daartoe gelei dat die Barberton DBV einde Februarie sy deure moes sluit. Dit plaas…
Die Nelspruit DBV het ‘n beroep gedoen op die gemeenskap om hulle te help om dienste in die Barberton-area te lewer. Die Barberton DBV moes weens finansiële druk op 23 Februarie sy deure sluit. Die Nelspruit DBV neem van die dienste oor. Lize Pienaar sê Nelspruit sal na die beste…
Die SANParke-ereveldwagters maak gereed om volgende maand 'n veldtog in die Krugerwildtuin te loods wat besoekers aanmoedig om nie rommel te strooi nie. Elsabe de Bruyn van die Laeveld-streek verduidelik dat dit ‘n baie groot die probleem is op paaie en in kampe. Die veldtog sal Paasnaweek afskop, en die…
Die AfriForum-tak in Nelspruit het Donderdag in samewerking met Mbombela-munisipaliteit die park by die Steiltes Natuurreservaat se gras gesny en indringerplante uitgeroei. Volgens Arlo van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld, is die reservaat ‘n gewilde ontspanningsarea met veral gesogte bosloeries wat kranige voëlkykers daarheen lok. Die munisipaliteit het…
Die provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, vra die publiek moet op die uitkyk wees vir mense wat gesteelde items aan hulle probeer verkoop. Dit na sowat 20 mense Vrydagmiddag in ‘n moskee in Kabokweni beroof is. Sowat 15 swaar gewapende aanvallers het in ‘n wit Quantum kombi daar…
7 Mar 2022 3AM
1 min
1140 – 1160
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.