100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
1200 – 1220

DA eis optrede oor uitgestelde operasies in Rob Ferreira

Die DA in Mpumalanga eis dat die LUR vir gesondheid in die provinsie, Sasekani Manzini, ingryp by Rob Ferreira-hospitaal waar operasies uitgestel word weens ‘n onklaar lugversorger in ‘n teatersaal. Die party se woordvoerder oor gesondheidsake in die provinsiale wetgewer, Jane Sithole, sê al die operasies wat in dié betrokke…
24 Jan 2022 6AM 1 min

Nuwe boorwerk begin in Makhonjwa-berge

Wetenskaplikes skop vandag af met ‘n projek waarin vars monsters van die ou gesteentes uit die dieptes van die Barberton-Makhonjwa Berge geboor word. Die doel is om klippe te bereik wat relatief onveranderd is deur verwering prosesse sodat die leidrade wat dit bevat oor die vorming van die vroegste lewensvorme…
21 Jan 2022 4AM 1 min

Danie Stassen sê Dakar-tydren was ‘n droom wat bewaarheid is

Die Nelspruitse navigator, Danie Stassen, is terug van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië, waar hy en bestuurder Shameer Variawa vir span Toyota Gazoo algeheel 15de geëindig het. Stassen sê dit voel asof hy die lotery gewen het, en dat elke dag se deelname aan die moeilikste motorsport-wedren in die wêreld, ‘n…
21 Jan 2022 4AM 1 min

Mpumalanga se slaagsyfer toon klein afname

Matriekleerlinge in Mpumalanga het in 2021 'n slaagsyfer van 73,6% behaal, ‘n klein afname van verlede jaar se 74%. Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane sê Ehlanzeni-distrik het die hoogste slaagsyfer van 75,6%. Thaba Chweu tel onder die top 5 munisipaliteite en Mbombela was die beste kring met 91,4% van kandidate wat geslaag…
21 Jan 2022 3AM 1 min

Deurbraak teen onwettige mynbedrywighede

Die polisie in Mpumalanga het ‘n deurbraak gemaak teen onwettige mynbedrywighede met die arrestasie Dinsdag van 14 vermeende onwettige myners. Volgens brigadier Selvy Mohlala is die intelligensie-gedrewe operasie by die Schoogezight steenkoolhoop uitgevoer. Die verdagtes sal na verwagting in die Emalahleni-hof verskyn vir onwettige mynbedrywighede, asook bedrog, nadat hulle ‘n…
20 Jan 2022 5AM 1 min

Dwelmhandelaar vasgetrek met behulp van gemeenskap

'n Vermeende dwelmhandelaar verskyn vandag in die hof nadat hy gister aangekeer is met behulp van inligting wat die gemeenskap aan die Mpumalanga polisie verskaf het. Hulle het reageer op inligting dat die verdagte in die Pankop-omgewing dwelms verkoop. Dagga, nyaope, onwettige sigarette, kontant en 'n polisie-reflekteerbaadjie is in die…
20 Jan 2022 4AM 1 min

Departement tref voorsorg vir moontlike teleurstelling wanneer gr. 12's uitslae kry

Die onderwysdepartement het ouers gevra om Vrydag saam met hul kinders hul graad 12 uitslae by skole te gaan afhaal, sodat onderwysers die puntestate kan verduidelik. Meer as 62-duisend leerlinge in Mpumalanga het in 2021 die matriekeindeksamen afgelê. Die departement teiken ‘n slaagsyfer van 83-persent in die provinsie. Die departement…
19 Jan 2022 4AM 1 min

Rowers slaan glo toe in polisie-uniforms

Sowat 15 gewapende mans word gesoek, nadat hulle Sondagaand drie Pakistanse burgers in Hazyview beroof het. Volgens die polisie het hulle die huis se hek en deure oopgebreek. Volgens inligting het sommige van die aanvallers polisie-uniforms en Valke-baadjies gedra. Die slagoffers is ook in die rug gesteek voor hulle met…
18 Jan 2022 6AM 1 min

Man wat as 18-jarige moor kry 10 jaar

‘n Jong moordenaar is gister tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis in die Belfast-landdroshof. Lebogang Choma het in 2017, as 18-jarige, die 22-jarige Nkopodi Makgokga noodlottig gesteek tydens ‘n argument oor ‘n meisie. Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het by monde van polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, die ondersoekers geloof.
18 Jan 2022 5AM 1 min

NHS geëerd om interhoër aan te bied

Hoërskool Nelspruit bied op 26 Februarie die interhoër aan, na dié vriendskaplike atletiek-byeenkoms in 2021 glad nie kon plaasvind nie. Hoof, Johan Hattingh, sê dit beloof om die leerlinge 'n stukkie "normaal" te bied te midde van die pandemie. Die atlete sal na raming sowat die helfte van die toegelate…
17 Jan 2022 7AM 1 min

Renosterstroper wat hof ontduik, vasgetrek

‘n Vermeende renosterstroper is Vrydag deur die Valke aangekeer. Die Valke het Rogerio Domingos Moiane gearresteer tydens sy hofverskyning vir die besit van renosterhoring in Delmas op ‘n ander aanklag van renosterstropery. Volgens kptein Dineo Sekgotodi is Moiane aanvanklik in Maart 2016 in Kaapmuiden vasgetrek in besit van ‘n ongelisensieerde…
17 Jan 2022 4AM 1 min

Twee met plofstof doen aansoek vir borgtog in Barberton

Twee mans sal vandag formeel vir borgtog aansoek kan doen wanneer hulle in die Barberton-landdroshof verskyn. Hulle is verlede week aangekeer in besit van plofstof. Volgens die polisie was beamptes besig om na ‘n moordverdagte te soek, toe hulle op die twee afkom in ‘n wit Fiat bakkie. Een het…
17 Jan 2022 3AM 1 min

Ontvoerde Pakistani in Mbombela gered

Die polisie soek na ‘n sakeman van Schoemansdal wat na bewering twee mense van Pakistan ontvoer het. Volgens brigadier Selvy Mohlala is hulle die land binne gesmokkel via Malawi en Mosambiek en met hul aankoms deur die verdagte gevangene gehou. Een se familie het ‘n losprys betaal, terwyl die ander…
17 Jan 2022 2AM 1 min

Pumas opgewonde om toeskouers terug te verwelkom

En in sport: Die 2022 Curriebeker skop vanaand af met die eerste wedstryd tussen die Pumas en Vodacom Bulls by Mbombela-stadion. Toeskouers word weens Covid-19-regulasies beperk en ondersteuners moet hul inentingsertifikaat by die ingang kan toon. Pumas afrigter, Jimmy Stonehouse, sê hulle sien baie daarna uit om weer voor toeskouers…
14 Jan 2022 5AM 1 min

Drie gewapende rowers doodgeskiet in skietgeveg met polisie

Drie gewapende rowers is gisteraand dood in ‘n skietgeveg met die polisie in Tonga. Volgens brig. Selvy Mohlala het ‘n groep gewapende mans ‘n plaaslike supermark binnegestorm en televisiestelle, sigarette, lugyd-koepons en kontant geroof. Die polisie het hulle in hul wegkomvoertuig opgespoor. Na bewering het die rowers op hulle gevuur…
14 Jan 2022 4AM 1 min

Waarskuwing oor grypdiewe

'n Man is vanoggend amper sy graaf kwyt, toe 'n grypdief dit van agter op sy bakkie gesteel het. 'n Ooggetuie, Deon Meyer, het agter die betrokke bakkie gewag om regs te draai op Madiba-Rylaan by die Samora Machel-kruising toe hy dit sien gebeur. Hy en die slagoffer het die…
13 Jan 2022 4AM 1 min

Drie moordenaars swaar gestraf

Drie mans is gister swaar gevonnis in die Mpumalanga Hooggeregshof vir ‘n moord wat hulle in Junie 2019 gepleeg het. Vusi Sihlabela, Karabo Makhubedu en Norman Mokoena het ‘n man van sy beursie beroof in ‘n drinkplek in Marite naby Hazyview. Toe hulle uitvind hy het die saak by die…
12 Jan 2022 3AM 1 min

Elukwatini-bevelvoerder amptelik gegroet

Kollegas van die bevelvoerder van Elukwatini-polisiestasie, kol. Beauty Marivate (55), het gister van haar afskeid geneem. Sy is op 30 Desember doogeskiet toe sy gereageer het op 'n noodroep oor 'n sakeroof en verdagtes op haar voertuig losgebrand het. Sy is gewond en is hospitaal toe gehaas, waar sy aan…
10 Jan 2022 4AM 1 min

Vier vas oor onwettige wapens

Vier verdagtes tussen 28 en 30 jaar oud sal na verwagting vandag in die Barberton-landdroshof verskyn vir die besit van drie ongelisensieerde pistole en ammunisie. Volgens brigadier Selvy Mohlala is die Nelspruit-blitspatrollie en Kaapmuiden SAPD verwittig oor 'n verdagte Toyota Corolla, wat hulle kort daarna op die N4 naby Kaapmuiden…
10 Jan 2022 3AM 1 min

Verskeie leerlinge wag nog vir plek in skole

Verskeie graad een en agt leerlinge wag nog vir plek in skole in Mbombela en Witrivier. Die akademiese jaar skop Woensdag af. Volgens die provinsiale onderwysdepartement, benodig 214 graad agt en 213 graad een leerders plek in Mbombela, en 33 graad agt en 35 graad eens in Witrivier. Lucy Moyane,…
10 Jan 2022 3AM 1 min
1200 – 1220