100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
1180 – 1200

Vonnis vir reeksmoordenaar verwelkom

Die sogenaamde “Masoyi-monster” is vandag tot 150 jaar agter tralies gevonnis vir die moorde op vyf vroue wat hy in 2018 en 2019 gepleeg het. Die 24-jarige Julius Mndawe is tot lewenslank gevonnis vir elke moord, sowel as vyf jaar vir elke geval van regsverydeling. Hy het sy slagoffers verkrag…
10 Feb 2022 7AM 1 min

Vermeende rowers in Masoyi vasgetrek

Twee mans is gister gearresteer nadat hulle na bewering onderwysers by twee laerskole in Masoyi beroof het. Volgens polisiewoordvoerder brigadier Selvy Mohlala het twee mans hulself Maandag as ouers voorgedoen om tot Mdumseni Primary toegang te verkry. Hulle het toe die onderwysers in die personeelkamer aangehou en van selfone, skootrekenaars…
10 Feb 2022 3AM 1 min

Drie vasgetrek binne ure van Mpumalanga-aanval

Drie verdagtes is binne ure aangekeer na hulle ‘n man gister in Ermelo gemartel en beroof het. Volgens die polisie is dié sukses te danke aan samewerkign tussen Acsu Sekuriteit en die polisie is Mpumalanga en Gauteng. Die 47-jarige slagoffer was op pad om ‘n kind skool toe te neem…
9 Feb 2022 5AM 1 min

Mbombela polisie-eenheid sonder vervoer gelaat

Die werksaamhede van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Mbombela word ernstig gekniehalter deur ʼn tekort aan voertuie. Volgens die VF Plus se Werner Weber, het dié eenheid sedert die begin van die jaar slegs twee voertuie om vyf dorpe te bedien. Verlede week was daar weens…
9 Feb 2022 3AM 1 min

RFL is terug in 'n nuwe gedaante

Die Nelspruit Relay for Life is vanjaar terug en met ‘n nuwe baadjie aan. Na 15 jaar van deurnag stap, en twee jaar wat dit glad nie aangebied kon word nie, is die seremonie vanjaar heelwat korter. Riaan Loubser sê dit is deels te wyte aan Covid-19-regulasies. Dit vind op…
8 Feb 2022 6AM 1 min

Vier vas wat restaurant in I'langa Mall beroof

Vier gewapende rowers is vanoggend aangekeer nadat hulle die Galaxy Grill-restaurant in I’langa Mall beroof het. Volgens die polisie tel ‘n voormalige polisiesersant wat in misdaadintelligensie in Mpumalanga gewerk het, onder die vier aangekeerdes. Die mans het om ongeveer 08:00 die restaurant binne gestorm, en verskeie werknemers met kabelbinders vasgemaak…
7 Feb 2022 5AM 1 min

Ons Winkel eersdaags in Barberton

Solidariteit Helpende Hand maak Vrydag Ons Winkel oop in Barberton. Rika Buck sê hulle is opgewonde om die baken, Greenstone Trading Post, as adres te kan hê. In die Laeveld is daar reeds Ons Winkels in Nelspruit en Witrivier, waar mense items kan skenk wat hulle nie meer ‘n nut…
7 Feb 2022 4AM 1 min

Makadamia Ekspo oortref verwagtinge

Die AmberMacs Makadamia Ekspo Vrydag en Saterdag net buite Witrivier het die organiseerders, bywonende boere en leweransiers se verwagtinge oortref. Philip Moufarrige van AmberMacs, wat die ekspo gereël het, sê dit was spesifiek op die makadamiabedryf gemik en het verskaffers ingesluit, asook kenners op die gebiede van alles van kunsmis…
7 Feb 2022 4AM 1 min

Omstander doodgeskiet deur vermeende transito-rowers

‘n Omstander is gister doodgeskiet deur vermeende rowers tydens ‘n skietgeveg met die polisie in Elukwatini. Volgens die polisie het 'n groep verdagtes ‘n kontantwa by ‘n kitsbank om ongeveer 08:00 aangeval en met plofstof oopgeblaas. Hulle het met kontant gevlug en ‘n omstander doodgeskiet terwyl die polisie hulle gejaag…
4 Feb 2022 5AM 1 min

Dertien kettingsae in Sabie geroof

Die polisie is opsoek na drie verdagtes wat Dinsdagaand tydens ‘n huisroof in Sabie 13 kettingsae gebuit het. Volgens brigadier Selvy Mohlala het die gewapende mans die inwoners wakker gemaak toe hulle ‘n deur oopbreek. Hulle het die kettingsae en karsleutels geëis en daarmee in hul slagoffer se Toyota Belta…
3 Feb 2022 4AM 1 min

Borskankertoetse gerieflik in die Laeveld

Vroue in die Laeveld kan tot einde Maart geriefliker mammogramme ondergaan. Keystone Medical se mobiele eenheid is tot 9 Februarie in Komatipoort, dan tot 18 Februarie in Malalane, tot 28 Februarie in Mbombela en weer tot 11 Maart in Hazyview. Radioloog, dr. Nikoli van Zyl, sê dit is noodsaaklik dat…
2 Feb 2022 7AM 1 min

Groot makadamia-ekspo die naweek

Meer as 180 verskaffers is op pad om die naweek hul kundigheid te deel by die Makadamia-ekspo in Witrivier. Philip Moufarrige van AmberMacs, wat die twee-dag ekspo reël, sê dit is hoogtyd dat makadamia-boere in die Laeveld so ‘n geleentheid kry. Die fees vind Vrydag en Saterdag plaas by AmberMacs…
2 Feb 2022 5AM 1 min

Nominasies vir #GoeieGons open

Sanett Oosthuizen, wat verlede jaar bekroon is met Solidariteit #GoeieGons se toekenning as beste Radiopersoonlikheid, is vanjaar een van die beoordelaars. Nominasies het pas geopen. Agt wenners sal in die vyf kategorieë aangewys word. Ken jy ‘n briljante ontwerper, kunstenaar, fotograaf, videoregisseur- of vervaardiger, skrywer of joernalis? Nomineer hulle en…
2 Feb 2022 5AM 1 min

Man kry lewenslank vir moord in Dullstroom

'n Man wat in 2019 verskeie misdade in Dullstroom gepleeg het, is gister effektief tot lewenslange tronkstraf gevonnis deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Middelburg. Die 32-jarige Moses Maseko het op 19 Februarie 2019, ‘n vrou doodgesteek in haar hut in Dullstroom. Op pad polisiestasie toe vir ondervraging, het hy die…
2 Feb 2022 4AM 1 min

Nelspruit dokter verteenwoordig SA by Afrika-toekennings

Die Nelspruit-dokter Eurika Mogane-Jones is gekies as ‘n finalis in die 2022 “Forty under 40” Afrika-toekennings. Dié reeds bekroonde entrepreneur van Tharika M. Health sal Suid-Afrika in die gesondheids-kategorie verteenwoordig. Sy is reeds met ‘n Golden Key-eerbewys beloon vir haar werk, in 2020, om inligting oor Covid-19 wyd te vertaal…
1 Feb 2022 6AM 1 min

Man skiet glo meisie dood en vlug

Die polisie ondersoek 'n moord en poging tot moord na 'n man sy meisie Saterdagaand buite 'n kuierplek in Standerton doodgeskiet het. Volgens Brigadier Selvy Mohlala het hulle stry gekry voor hy haar geskiet het. Haar broer het probeer om tussenbeide te tree en is ook in sy onderlyf geskiet…
1 Feb 2022 5AM 1 min

Vier dood in N4-botsing

'n Kop-botsing op die N4 tussen Middelburg en eMalahleni het vanoggend vier lewens geëis. Moeti Mmusi van die departement van gemeenskapsveiligheid sê dit het kort na 5-uur vanoggend gebeur toe 'n minibus en 'n swaarvoertuig gebots het. Die bestuurder van die minibus en drie passasiers is op die toneel dood…
1 Feb 2022 2AM 1 min

Deelnemers oorgehaal vir Sabie Tube Race

Dit is amper weer tyd vir die legendariese Sabie Tube Race wat verlede jaar glad nie kon plaasvind nie weens Covid-19-inperkingsreëls. Vanjaar kan dit, en 2 000 mense kan op 4 en 5 Februarie saam partytjie hou. Johannes Coetzee van Round Table Witrivier wat dit reël, sê vanjaar se “resies”…
26 Jan 2022 8AM 1 min

'Rylopers' kaap vragmotor

‘n Vermeende kaper is gister in Delmas vasgetrek na hy homself as ‘n ryloper voorgedoen het en saam met ‘n makker ‘n vragmotor gekaap het. Brigadier Selvy Mohlala sê die vragmotor was van Ermelo na Delmas op pad toe die bestuurder drie rylopers ‘n geleentheid gegee het. Hy het die…
25 Jan 2022 7AM 1 min

Buspassasiers op pad werk toe beroof

‘n Groep passasiers is vanoggend onderweg werk toe saam met die busbustuurder beroof. Volgens die Mpumalanga polisie het drie gewapende mans by ‘n busstop in Tweefontein, naby Vlaklaagte, opgeklim. Hulle het almal se kontant en selfone geëis, twee skote afgevuur, en ‘n ent met die bus gery voor hulle te…
25 Jan 2022 7AM 1 min
1180 – 1200