100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
1400 – 1420

Drie mense dood in ongeluk op die N4 naby Malalane

Drie mense is vanoggend oorlede in ‘n motorongeluk op die N4-tolpad tussen Malalane en Hectorspruit. Volgens die departement van gemeenskapsveiligheid het ‘n kop-botsing tussen ‘n ligte afleweringsvoertuig en sedan ontstaan om ongeveer 20 minute na 11. Twee mans en ‘n vrou - wat almal in die sedan was - is…
26 Jul 2021 7AM 1 min

Sasol skop inentings-veldtog af

Mpumalanga se premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het Sasol se inentingsveldtog geloof. Die petroleum-reus werk saam met die provinsie om hul sowat 8-duisend werknemers en 11-duisend kontrakteurs vandeesweek by hul fasiliteit in Secunda teen Covid-19 in te ent. Mtshweni-Tsipane het dit verwelkom en hoop ander industrieë doen dit na. Sy het die…
26 Jul 2021 6AM 1 min

VF Plus eis optrede van Mpumalanga LUR oor polisievoertuie

Die VF Plus in Mpumalanga sê hulle is uiters bekommerd oor die tekort aan polisievoertuie, veral in Ehlanzeni-distrik. Volgens Werner Weber het verskeie eenhede voertuie wat vir weke in werkswinkels staan om herstel te word wat 'n gereelde tekort laat om misdaad mee te beveg. Hy sê geld word bestee…
23 Jul 2021 9AM 1 min

Plaaslike verkiesing uitgestel

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het aangekondig dat hulle die hof sal nader vir toestemming om die plaaslike verkiesing uit te stel. Die OVK het uitgetrede adjunkhoofregter Dikgang Moseneke se verslag aanvaar, wat bevind het dit sal nie ‘n vry en regverdige verkiesing sal wees as dit in Oktober plaasvind nie. Glen…
23 Jul 2021 8AM 1 min

Chicken Challenge 2021 vendusie nou oop

Die jaarlikse Chicken Challenge vendusie is oop. 2021 se 29 kunswerk-hoendertjies sal tot 1 Augustus in die Witivier-gallery by Casterbridge uitgestal word. Daar kan tot 8 Augustus op hulle gebie word. Mense kan dit aanlyn of in persoon by die gallery doen. Die fondse wat hierdeur ingesamel word sal vanjaar…
21 Jul 2021 10AM 1 min

OVK sê hulle is slaggereed vir verkiesing in Oktober

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê hulle is slaggereed om op 27 Oktober plaaslike verkiesing te hou. Uitgetrede adjunkhoofregter Dikgang Moseneke se verslag oor of dit wel dan gehou kan word, word Woensdag verwag. Sibusiso Nkosi van die OVK in Mpumalanga, sê hulle kan dit Covid-19-veilig aanbied, soos hulle reeds met tussentydse…
19 Jul 2021 8AM 1 min

Mpumalanga-premier moedig mense aan om ingeënt te word

Die premier, Refilwe Mtsweni-Tsipane, het vanoggend haar inenting teen Covid-19 ontvang. Sy was saam met die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, op besoek aan taxi-staanplekke in Middelburg om die provinsie se inentings-program te monitor. Suid-Afrika het afgelope 24uur 11-duisend-215 nuwe Covid-19-gevalle aangemeld. Mbombela het tans 2-duisend 297 aktiewe gevalle, Bosbokrand…
19 Jul 2021 6AM 1 min

Meer as 42 000 onderwysers in Mpumalanga ingeënt

Mpumalanga se onderwysdepartement sê 42-duisend 66 onderwyspersoneellede is tot dusver teen Covid-19 ingeënt. Die spesiale inentingsprogram vir onderwysers het gister op 'n einde geloop. Almal wat kwalifiseer kan egter steeds inentings ontvang. Registrasie vir mense tussen 35 en 49 is ook nou oop. LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het diegene…
15 Jul 2021 6AM 1 min

Sake-gemeenskap bedank rolspelers wat Laeveld beveilig

Die Kruger-Laeveld-sakekamer het namens sakeondernemings in die Laeveld, almal bedank wat winkelsentrums oppas, paaie patrolleer en toegang na dorpe monitor. Hulle het die polisie, weermag, sekuriteitsmaatskappye, taxi-verenigings en vrywilligers uitgesonder vir hul dapperheid om die area te beveilig. Hoofbedryfsbeampte, Linda Grimbeek, sê hulle het die volste vertroue in die sekuriteitsmagte…
14 Jul 2021 9AM 1 min

Laevelders vat hande om onluste in die kiem te kan smoor

Daar is tans geen teken van oproerigheid in die Laeveld nie. Plaaslike sekuriteitsmaatskappye het wel besluit om met mekaar hande te vat om enige oproerigheid in die kiem te smoor. Ook die polisie, taxi-verenigings en sakeleiers werk almal saam om eiendom te beskerm. Callum MacPherson van Hi-Tech Sekuriteit, Albert Gryvenstein…
14 Jul 2021 8AM 1 min

Mense gemaan om nie ongeverifieërde boodskappe oor oproerigheid te versprei nie

Mense is gemaan om nie ongeverifieërde boodskappe oor oproerigheid te versprei nie. Joe Pelser van AfriForum Witrivier verduidelik dat vals nuus hul werk moeiliker maak. Vanoggend was daar sprake van ‘n oproer in Riverside in Mbombela, wat glad nie gerealiseer het nie. Tog is dit nie altyd maklik om seker…
13 Jul 2021 7AM 1 min

Berei voor saam met die pro's vir Eisteddfod

Onthou om jou plek te bespreek vir Innibos se Eisteddfod drama-werkswinkels aan die einde van die maand. Dit is vir leerlinge en onderwysers bedoel ter voorbereiding van die Nelspruit Eisteddfod wat in Augustus afskop. Bywoning is boonop spotgoedkoop en beloop slegs R60pp. Die werkswinkels vind op Vrydag 30 Julie van…
13 Jul 2021 5AM 1 min

Uitstel van skole se heropening verwelkom

Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole het president Cyril Ramaphosa se aankondiging gisteraand verwelkom dat skole eers op 26 Julie sal heropen. Die federasie sê dit was twee weke gelede reeds duidelik dat die derde vlaag infeksies en winter verwoed is. Fedsas verkies dat daar nie onnodige druk geplaas…
12 Jul 2021 6AM 1 min

KZN-geweld kring nie sover uit na Laeveld

Paaie in die Laeveld is vanoggend gangbaar na die polisie gister gewaarsku het oor moontlike ontwrigting deur protesaksies. Grootskaalse plundery en geweld heers reeds die hele naweek in KwaZulu-Natal teen die opsluiting van oudpresident Jacob Zuma. John Meintjies van die Nelspruit GPF sê die Witbank- en Middelburg areas is dreigend,…
12 Jul 2021 5AM 1 min

Barberton-waterkrisis hopelik teen volgende week verlig

Inwoners van Barberton ervaar al weer die afgelope weke watertekorte. Hierdie keer omdat die een pompstasie by die Suidkaap-rivier buite werking is. Die pomp word tans herstel en behoort teen die middel van volgende week operasioneel te wees. Dit sal die watertekorte verminder. Raadslid Philip Minnaar sê die munisipaliteit het…
9 Jul 2021 8AM 1 min

Barberton DBV wys loseerders weg na perseel weer betree is

Die Barberton DBV sê hulle kan nie meer loseerders inneem nie, na hul perseel gisteraand vir die soveelste keer betree is. Marlies Liebenberg sê hierdie keer is niks blykbaar gesteel nie. Hulle kan egter nie die kans waag dat ‘n dier wat tydelik daar bly, gesteel word nie. Sy sê…
9 Jul 2021 6AM 1 min

Mpumalanga stadigste met inentings

Mpumalanga se inentingskoers is ver onder dié van ander provinsies. Dumisani Malamule, woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, sê hulle doen alles wat hulle kan om mense aan te moedig om die inentings te ontvang, maar mense moet dit vrywilliglik ontvang. Dit is gratis by die regering se inentingslokale, asook wanneer…
9 Jul 2021 4AM 1 min

Lefpa waarsku oor spertyd vir voorbrande

Lefpa raai grondeienaars aan om voorbande af te handel voor die einde van die maand, om gereed te wees vir wanneer die Augustus-winde opsteek en die droë toestande, saam met koue fronte, die brandgevaar beduidend verhoog. André Scheepers van Lefpa sê tot dusver verloop die brandseisoen, wat tot Oktober in…
7 Jul 2021 8AM 1 min

Baba Ayden dalk more reeds na rehabilitasie

Klein baba Ayden van Niekerk behoort teen more uit die pediatriese intensiewesorgeenheid na rehabilitasie toe te skuif. Die babatjie het 2 maande gelede by die huis in Lydenburg ophou asemhaal. Hy is sedertien in die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg. 'n Tweede MRI het gister bevestig dat sy hele brein…
7 Jul 2021 5AM 1 min

Ters-betalings vir restaurante nodig om bedryf te red

Eienaars van restaurante mag binnekort weer aansoek doen vir hulp met die betaling van salarisse. Daar is vandag aangekondig dat Ters-betalings weer goedgekeur is vir die bedryf. Aansoeke sal waarskynlik binne die volgende twee weke open vir uitbetalings vir Julie. Die Restaurantvereniging van Suid-Afrika sê die regering het ‘n verantwoordelikheid…
6 Jul 2021 10AM 1 min
1400 – 1420