100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,812 Episodes
1420 – 1440

Minister genader vir langtermyn oplossing vir Malelane se water

Inwoners van Malalane het die naweek watertekorte ervaar na die hoofpomp by die waterontrekking en -suiweringsaanleg verstop en gebreek het. Watertoevoer is Maandagaand herstel en Nkomazi-munisipaliteit sal die week instandhoudingswerk doen. DA-raadslid, Mariëtte Preddy, sê sy het ‘n brief geskryf om die minister te vra om in te gryp en…
6 Jul 2021 8AM 1 min

Malalane se watertoevoer herstel

Daar is lig aan die einde van die waterpyp vir inwoners van Malalane, wat die afgelope twee dae water-tekorte ervaar. Volgens raadslid Mariette Preddy is die dorp se reservoirs tans amper weer vol genoeg om water aan inwoners te kan voorsien. Sy sê Nkomazi-munisipaliteit doen hul bes om watertoevoer te…
5 Jul 2021 11AM 1 min

Onderwys-personeel aangemoedig om inenting te ontvang voor Donderdag

Nog net ‘n bietjie meer as die helfte van onderwys-personeel in Mpumalanga is tot dusver teen die nuwe koronavirus ingeënt. Volgens die departement van onderwys het sowat 28-duisend die inenting teen Vrydag ontvang – uit die meer as 46-duisend werknemers. Woordvoerder, Gerald Sambo, sê die ontvang daarvan is heeltemal vrywilliglik,…
5 Jul 2021 10AM 1 min

Vermeende stroper doodgeskiet in wildtuin

'n Vermeende stroper is Vrydagoggend in die wildtuin doodgeskiet. Twee ander het weggekom. Woordvoerder, Ike Phaahla, sê 'n gids het 'n gas op 'n stappie vergesel toe hy drie vermeende stropers teegekom het. Vuur is uitgeruil. Een is later dood aangetref. Hulle vermoed die ander twee het uit die park…
5 Jul 2021 7AM 1 min

Nog 'n pitbull by Barberton DBV gesteel

Die derde pitbull in vier maande is gisteraand by die Barberton DBV gesteel. Marlies Liebenberg sê die heining is geknip en die slot na die hok moontlik met ‘n loper oopgemaak. Die hond het dieselfde dag van die straat af by die kennels aangekom. Liebenberg sê pitbulls is baie gesog,…
1 Jul 2021 9AM 1 min

Nuwe polisiekommissaris vir Mpumalanga aangestel

Luitenant-generaal Semakaleng Daphney Manamela het vandag as die nuwe polisiekommissaris vir Mpumalanga in haar pos begin. Sy het meer as 26 jaar se ervaring in die polisiediens in Gauteng en Mpumalanga en is besig met haar meestersgraad in openbare administrasie. Luitenant-generaal Thembisile Patekile se aanstelling as polisiekommissaris in die Wes-Kaap…
1 Jul 2021 9AM 1 min

Witrivier-inwoners keelvol vir swak dienslewering by lisensiekantore

Witrivier-inwoners is moeg vir die swak dienslewering wat hulle by die lisensiekantore ontvang. Die "Power of 8000" se Pierre du Preez sê hulle het 'n magdom klagtes oor die verkeersafdeling van die publiek versamel en 'n brief geskryf aan die provinsiale bestuur om daarop aan te dring dat stappe geneem…
1 Jul 2021 6AM 1 min

Boere vra dat bye as lewende hawe geklassifiseer word

Byeboere vra die regering om wetgewing te wysig sodat dié insekte tot lewende hawe verklaar word. Inge Lotter, voorsitter van die Laeveldse byeboervereniging, verduidelik dat die diefstal en plundering van byekorwe dan as veediefstal beskou sal word met veel ernstiger gevolge vir misdadigers. Sy sê die land se voedselsekerheid hang…
30 Jun 2021 9AM 1 min

Vlak 4 van inperking: So raak dit restaurante

Petru Pretorius van Abeega Roadhouse in Mbombela sê dat, buiten hul wegneemetes was ontbyt hul gewildste ete. Sy voeg by dat sy verstaan dat ander restaurante ook moet oorleef, en daarom ook die “roadhouse”-ding beproef, maar sê dit raak hul onderneming.
30 Jun 2021 9AM 1 min

Vlak 4 van inperking: So raak dit Lyttle Irving Gastehuis

Belinda McLintock, eienaar van Lyttle Irving Gastehuis, ‘n selfsorg-gastehuis in Witrivier, sê dit is frustrerend dat die regering nie hierdie ronde kan of wil help om werknemers te betaal nie - want hoewel hulle mág werk, verwag hulle om moontlik te min sake te doen om ‘n genoegsame inkomste te…
30 Jun 2021 9AM 3 min

Vlak 4 van inperking: So raak dit Rooikat Liquors

Johan Breytenbach van Rooikat Liquors voel dat, uit ‘n simpatieke oogpunt vir slagoffers van die virus, dit die regte besluit is om na vlak vier van inperking terug te keer - hoewel dit báie sleg vir die drankbedryf is. Hulle kyk moontlik nou, vir die eerste keer sedert inperking in…
30 Jun 2021 9AM 2 min

Vlak 4 van inperking: So raak dit die Numbi Hotel

Willem Fick, die eienaar van Numbi Hotel in Hazyview, sê dit is jammer dat ‘n hele bedryf oornag toegemaak kan word, sonder enige konsultasie of finansiële hulp. Hy wys daarop dat mense selde gaan uiteet en met vakansie gaan wanneer hulle siek is.
30 Jun 2021 9AM 3 min

Vlak 4 van inperking: So raak dit die Nasionale Krugerwiltuin

Ike Phaahla, woordvoerder van die Nasionale Krugerwiltuin, sê hulle verwag dat vlak vier in die toekoms hul besprekings erg sal raak – en dit na SANParke verlede jaar ‘n groot verlies gelei het weens die sluiting en afwesigheid van internasionale toeriste.
30 Jun 2021 9AM 2 min

SANParke heropen weer besprekings vir verblyf voor 11 Julie

Sanparke het bevestig dat hulle ingevolge die aangepaste vlak vier-inperking nou weer nuwe besprekings vir verblyf in hul reservate aanvaar tussen nou en 11 Julie. Dít na hulle dit Maandag gesluit het. Woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, verduidelik 100 persent kapasiteit word wel in verblyf toegelaat en mense van…
30 Jun 2021 6AM 1 min

Valke maak vordering met pogings om dwelmprobleem in Bethal op te los

Sewe vermeende dwelmhandelaars het gister in die Bethal-landdroshof verskyn op klagte van die handel en besit van dwelms. Volgens Valke woordvoerder, kaptein Dineo Sekgotodi, spruit die arrestasies uit ‘n ondersoek wat ‘n jaar gelede begin is om die dwelmprobleem rondom Secunda en Bethal aan te spreek. Kontant en dwelms is…
30 Jun 2021 5AM 1 min

Kommentaar oor Pepuda nog net tot Woensdag

Die voorgestelde wysigings aan die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie (Pepuda) loop deur onder fel kritiek. Linda Grimbeek, bedryfshoof van die KLCBT, sê mense hoef voortaan nie meer met opset teen ander te diskrimineer om skuldig daaraan te wees nie. Sy is ook…
28 Jun 2021 9AM 1 min

Drie vas vir R2 miljoen se bedrog

Drie mense het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn nadat hulle na bewering sowat 2-miljoen-Rand van Crown National gesteel het. Roland Smit en sy vrou Alice Smit is dieselfde dag saam met Michael Harris deur die Valke aangekeer vir korrupsie, bedrog en diefstal. Volgens kaptein Dineo Sekgotodi het Roland Smit en…
26 Jun 2021 5AM 1 min

Pumas vol vertroue voor eerste weg-wedstryd

Die New Nation Pumas is vol selfvertroue na hulle verlede week die Leeus laat les opsê het in hul eerste Curriebeker-kragmeting van die jaar. Die Laevelders was boonop die wenners van hul laaste kragmeting met die Vodacom Bulls in Januarie. Die Bulls soek egter hul eerste wen van die toernooi,…
25 Jun 2021 8AM 1 min

Charl du Plessis hou môre In jou huis konsert

Die vierde aflewering van die In jou huis-konsertreeks is hier. Die gelukkige gehoor sal môre deur pianis Charl du Plessis vermaak word. Hy is veral bekend as die man wat al 21 jaar vir Nataniël begelei. Die reeks van ses konserte word aangebied in samewerking met Innibos, kykNet en Radio…
25 Jun 2021 3AM 1 min

Luisteraars deel verhale oor Covid-nagmerrie: Monique O’Reilly

Monique O’Reilly (35) van Komatipoort herstel tans nog van Covid-19 nadat sy verlede week positief daarvoor getoets het. Sy sê sy en haar 17-jarige sussie was baie sieker weens die siekte as haar man en skoonpa, wat nie net ouer as hulle is nie, maar ook onderliggende siektes het.
24 Jun 2021 8AM 7 min
1420 – 1440