Die oud-Laevelder Frieda Visagie het vroeër die jaar haar suster weens Covid-19 verloor. Sy was self baie siek verlede jaar en het haarself mettertyd uit die hospitaal ontslaan. Sy vertel dit was ‘n vreesaanjaende ervaring.
Réhann Coetzee (51) is behoorlik platgetrek deur hierdie virus. Hy sê mense moet dit ernstig opneem en hy sal die inenting teen dit ontvang sodra hy kan, want Covid-19 wil hy nooit weer hê nie.
Positiewe gevalle van Covid-19 neem al hoe vinniger toe in Mpumalanga. Die meeste gevalle in die provinsie is tot dusver in Mbombela aangeteken met meer as 18 000. Willa de Jager (56) van Mbombela vertel hoe verras sy was met die goeie sorg wat sy by Rob Ferreira-hospitaal ontvang het.
Suid-Afrika het Woensdag ‘n allemintige 17 493 nuwe Covid-19 gevalle aangeteken, waarvan 62% in Gauteng is. In Mpumalanga is 826 nuwe gevalle die afgelope 24 uur bevestig. Chris Botha (56) van Witrivier vertel hoe siek hy en sy vrou onlangs was met die siekte.
Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) het vandag die nadoodse ondersoek bygewoon van 'n 29-jarige man wat in Ermelo-hospitaal dood is. Hy is na bewering op 12 Junie deur polisielede aangerand by die Jeppe-polisiestasie in Gauteng. Sy broer het video en foto’s geneem. Hy is aangekeer vir die besit van dwelms en…
Eienaars van eiendom in Mbombela het van volgende maand af slegs vyf weke om die jongste waardasierol van eiendomme na te gaan en moontlik beswaar aan te teken. Dié rol word jaarliks hersien en bepaal die bedrag waarop eiendomsbelasting bereken word. Dit gaan in die komende finansiële jaar met ses…
Mpumalanga se LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, het vanoggend saam met LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, die inentingsprogram vir Mpumalanga se onderwyspersoneel bekendgestel in Kanyamazane. Twintig inentingslokale is beskikbaar gestel om te verseker almal word geënt binne ses dae. Manzini sê hulle moedig steeds mense ouer as 60 aan ook…
TRACN4 het ‘n 10-duisend-Rand belonging uitgeloof vir inligting wat tot die suksesvolle vervolging van oortreders sal lei wat sogenaamde "tyre spiking" doen. Voorwerpe word in die pad geplaas om voertuie te beskadig wat motoriste forseer om te stop en hulle word dan beroof. Solange Soares sê dit is nie uniek…
Mpumalanga se LUR'e vir onderwys en gesondheid sal môre saam die provinsie se inentingsprogram vir onderwyspersoneel in Kanyamazane bekendstel. Dumisani Malamule sê besonderhede oor hoe alle personeel ingeënt gaan word, sal dan bekendgemaak word. Die 100-duisend-merk vir inentings in die provinsie is Vrydag verbygesteek. Daar is tans 582 aktiewe gevalle…
Leerlinge van HTS Witbank het vandag teruggekeer skool toe, na die skool verlede week gesluit is weens wrywing oor 'n video waarin kinders baklei. Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane en die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het die skool besoek. Sy sê twee onderwysers is voorlopig geskors na die voorval in ‘n…
Een van die verdagtes wat na bewering op 6 Mei ‘n transito-roof probeer uitvoer het, is aangekeer. Die R40 tussen Nelspruit en Barberton was vir ure gesluit na ‘n groep gewapende mans die geldwa van die pad probeer druk het. Sizwe Mduduzi Mahlalela is Donderdag deur die Valke aangekeer. Hy…
Die 27-jarige Mason Mccleeve het baklei om sy vrou en kind te beskerm, toe hy Woensdag doodgeskiet is. Zanyika Maclean vertel hulle het geslaap toe mense inbreek. Hy het hulle van sy gesin probeer weghou en is twee keer geskiet. Een keer in die maag en deur die hart, volgens…
Die New Nation Pumas het gisteraand die Leeus met 39-10 gewen by Mbombela-stadion in hul eerste kragmeting van die 2021 Curriebeker. Sibusiso Sangweni het die besoekers se enigste drie aangeteken. Die pienktruie kon in die eerste helfte twee driee aanteken om teen rustyd 18-10 voor te loop. Ettiene Taljaard, Simon…
Hi-Tech Sekuriteit doen steeds hul naam gestand deur te verseker hulle gee die toon aan in die gebruik van tegnologie om mense veiliger te hou. Hul Axxon-kameras het nou addisionele funksies, wat selfs beter beveiliging bied. Callum MacPherson verduidelik dat die vroeë waarskuwing die verrassingselement wegneem by die rowers.
Die derde golf van Covid-19-infeksies het nog net in Mbombela begin - en ‘n groter impak word later verwag. Dokter Kim Faure van die Mediclinic-groep, sê Mpumalanga - en Mediclinic Nelspruit - toon wel ‘n geleidelike toename in gevalle. Sy voeg by dat die hospitaal onder druk is, maar steeds…
Lizard Rock in die Uitkyk-omgewing is op soortgelyke wyse vanoggend aangeval. John Meintjies van ACS Sekuriteit sê dit het om ongeveer agt-uur gebeur. ‘n Groep van vyf of ses verdagtes het die eienaar vasgebind en klein items, soos selfone, uit die kroeg en sy naburige huis gesteel. Albert Gryvenstein van…
‘n Man is dood nadat hy gisteraand tydens ‘n gewapende roof by sy huis in Rocky Drift geskiet is. John Meintjies van ACS Sekuriteit sê vyf mans, waarvan ten minste een gewapen was, het by verskillende huise probeer inbreek. By dié betrokke huis het die inwoner hom verset en hy…
Die Graskop-belastingbetalersvereniging beplan om klein-eise aansoeke te bring teen die eienaars van rondloper-vee in die dorp. Lance Gibson sê hulle rig groot skade aan en vernietig eiendom. Aangesien die dorp geen skut het nie, en die bywettoepassers nie die gesag het om hulle ta vang nie, et hulle besluit om…
‘n Pitbull is gister by die Barberton DBV gesteel. Dit volg op 'n inbraak verlede naweek, toe sowat 2-duisend-Rand se hondekos uit hul stoorkamer gesteel is. Marlies Liebenberg sê dit lyk asof hulle geteiken word. Hulle vermoed dat die diewe toegang gekry het deur die kampe waar die honde bedags…
LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, sê daar is besluit om klasse by die Hoër Tegniese Skool Witbank vir ‘n week op te skort, nadat chaos vanoggend voor die skoolhekke uitgebreek het. Majuba het met die skoolbestuur vergader oor video’s wat verlede week gesirkuleer het van kinders wat glo baklei. Volgens…
14 Jun 2021 7AM
1 min
1440 – 1460
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.