Die Airlink Pumas speel vanmiddag om 5-uur teen die Haaie in die Curriebeker by Mbombela-stadion. Met vyf rondes oor lê die Cheetahs bo die Pumas op die punteleer met twee punte, so die tuisspan wil vanaand wen. Louis Janse van Rensburg, kondisioneringsafrigter, sê hoewel die Haaie sterk is in die…
TRAC het die geweldadige betogings op die N4 veroordeel weens die veiligheidsrikisiko aan padgebruikers en skade wat aan eiendom aangerig is. Volgens kommunikasiebestuurder, Solange Soares, is die N4-tolpad tussen die Balmoral-wisselaar en die N4/N12-vurk naby eMalahleni (Witbank) sedert Dinsdagaand weens geweldadige diensleweringsproteste gesluit. Vragmotors is onder andere aan die brand…
Laerskoolleerlinge is genooi om vanjaar die amptelike Innibos fees T-hemp te ontwerp. Bemarkingsbestuurder, Sandra Jacobs, verduidelik dat die wen-ontwerper onder meer toegangskaartjies vir hul gesinne wen.
Die polisie in Mpumalanga sê hulle het gister sowat 80 mense betrap waar hulle chroom van ‘n goederetrein tussen Dullstroom en Belfast af steel. Woordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê hulle het reageer op inligting van die Samancor Eastern Chrome Mine. Die plunderaars het op die vlug geslaan en in die…
Die N4-tolpad is tans in die omgewing van Vosman gesluit weens protesaksie. Motoriste wat vanaf die Laeveld Gauteng toe reis is aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik. Die pad was net na 10-uur in beide rigtings gesluit. Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala:
‘n Vermeende transitorower wat gister in die Kabokweni-landdroshof verskyn het, bly in aanhouding tot Maandag wanneer hy vir borgtog aansoek kan doen. Zakhele Mnisi (39) is Vrydagmiddag aangekeer na ‘n transitoroof tussen Mkhulu en Hazyview. Volgens die Valke het sowat sewe gewapende aanvallers in drie voertuie ‘n G4S gepantserde voertuig…
‘n Vermeende renosterstroper wat voortvlugtig was voor die gereg is Saterdag in Kabokweni met behulp van ‘n wenk van die publiek her-aangekeer. Odis Maluleke is aanvanklik in 2015 gearresteer toe hy en drie ander die Krugerwildtuin probeer binnegaan het met onder meer ‘n jaggeweer. Hy is borg toegestaan en het…
Die DA het die Openbare Beskermer gevra om ondersoek in te stel na die vertragings en koste van die bou van die Mpumalanga Varsproduktemark. Konstruksie is 12 jaar gelede aangekondig. Volgens Bosman Grobler is meer as 2-miljard-Rand reeds daaraan spandeer. Hy sê die LUR vir finansies, toerisme en ekonomiese ontwikkeling,…
‘n 39-jarige wyksraadslid verskyn vandag in die Kriel-hof op aanklagte van huisbraak, aanranding met die doel om ernstig te beseer en poging tot verkragting. Volgens die polisie in Mpumalanga het die man Vrydag saam ‘n vriend gedrink terwyl die kind se ma by die werk was. Hy het sy vriend…
Die Valke in Mpumalanga waarsku die publiek teen mense wat hulself as polisiebeamptes voordoen en staatsamptenare teiken. Volgens die woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, toon hulle vervalste dokumente met ‘n Valke-briefhoof waarvolgens ‘n lasbrief vir die slagoffer se inhegtenisname uitgereik is weens beweerde bedrog, wan-administrasie of diefstal. Hulle eis dan omkoopgeld…
‘n Voormalige administrasieklerk by Eskom is tot effektief 10 jaar tronkstraf gevonnis vir bedrog, korrupsie en geldwassery in die gespesialiseerde hof vir kommersiële misdade in Mbombela. Nwabisa Ngxola het saam met twee medebeskuldigdes gewerk om vervalste fakture te verwerk vir dienste wat nie aan Eskom gelewer is nie. Chimanzi Investments…
Die polisie ondersoek die skietdood van ‘n egpaar in Standerton. ‘n 34-jarige vrou het haar 42-jarige man, ‘n werker op die Kromdraai-plaas, besoek toe skote by hul huis gehoor is. Hulle is gisteroggend in ‘n plas bloed ontdek met ‘n vuurwapen en drie leë patroondoppies langs hulle. Die vrou is…
Twee Mosambiekse burgers is die week gevonnis vir smokkelary. Volgens die Valke is Sibusiso Vincent Fakude en Anastercia Timane op 10 Maart by Lebombo-grenspos aangekeer met nagemaakte tekkies ter waarde van sowat 1-komma-9-miljoen-Rand. Hulle het nie die korrekte doumentasie gehad nie. Die hof vir gespesialiseerde kommersiële misdade in Komatipoort het…
‘n Voormalige finansiële bestuurder by Eskom se Kriel-kragstasie is tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis vir bedrog en diefstal. Volgens die Valke in Mpumalanga het Sifiso Jacob Masina (42) tussen Mei 2011 en Februarie 2012 amper 514-duisend-Rand betaal aan twee maatskappye wat aan homself en sy ma behoort het, sonder dat…
‘n Man wat aangekla is van mensehandel is vrygespreek op dié klagte in die Bethal-landdroshof. Die 43-jarige Eduardo Teixeira is egter skuldig bevind aan oortreding van die Wet op Immigrasie. Hy is Dinsdag tot twee jaar tronkstraf, wat opgeskort is vir vyf jaar, gevonnis. Hy is aanvanklik daarvan aangekla dat…
Die DA sê hulle gaan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie vra om by die waterkrisisse in dele van die provinsie in te gryp. Trudie Grovè-Morgan sê verskeie munisipaliteite het geen alternatiewe kragopwekking by pompstasies nie en tesame met verouderde infrastruktuur laat dit inwoners vir dae aaneen sonder water. Sy sê inwoners van…
Die DA het aan die Munisipale Afbekeningsraad geskryf oor die voorgestelde veranderinge aan munisipale grense in Mpumalanga. Volgens Bosman Grobler ondersteun die party die voorstel om die voormalige Umjindi-area uit Mbombela-munisipaliteit te verwyder om ‘n nuwe plaaslike owerheid te skep. Die party is egter gekant teen die skep van ‘n…
Drie stropers is swaar gevonnis in Skukuza vir drie renosters wat hulle in November 2019 in die Malelane-area van die Krugerwildtuin gestroop het. Teddy Dlamini is 39 jaar opgelê vir onder meer onwettige betreding van die wildtuin en die rig van ‘n vuurwapen. Zwelithini Mathebula en Lucky Mhlongo is tot…
Die DA sê hulle gaan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) vra om by die waterkrisisse in dele van die provinsie in te gryp. Luister hier:
26 Apr 2023 6AM
1 min
700 – 720
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.