Dis weer daardie tyd van die jaar waar die landboubedryf momentum kry! OFM is trots om weer by Graan SA se NAMPO Oesdag te wees – van 12 tot 15 Mei by NAMPO Park buite Bothaville.
Occasionally
Afrikaans South AfricaBusiness · News
Pulane Nel-Sekepe gesels met Nico Groenewald, hoof van agri-besigheid van Standard Bank, oor wat die bank vanjaar als aanbied by Graan SA se NAMPO Oesdag.
Marnitz Marais van Global Wellness kuier weer op Mid-Morning Magic met 'n alternatiewe produk om algemene gesondheid te verbeter. Jy kan hulle besoek in die Hopefield Saal tydens NAMPO.
Saffraan, ook bekend as rooi goud, is die duurste spesery ter wêreld teen sowat R250 000/kg. Dié prag-persblommetjies word tussen Williston en Calvinia in die Noord-Kaap deur ‘n passievolle saffraanprodusent - Bennie Engelbrecht - geplant en geoes. Hy gesels in ‘n tweedelige onderhoud met OFM-nuus se Elsabé Richard-May hieroor.
Graan SA se NAMPO Oesdag het gister begin en OFM-nuus se Elsabé Richard-May woon hierdie groot landbouskou by. Sy het met die organisasie se Danie Minnaar gesels oor hoe die eerste dag verloop het.
Een van die groot trekpleisters hier by Graan SA se NAMPO Oesdag is Safari Outdoor en dit lyk asof OFM se Jaco de Waal net nie genoeg kan kry nie... Jaco Brink, Algemene Bestuurder, kom loer weer in by Mid-Morning Magic.
OFM se luisteraars word omtrent bederf met van die grootste name in georganiseerde landbou op die lug… Agri SA se hoof-uitvoerende beampte Christo van der Rheede gee 'n kort oorsig te bied oor die stand van landbou in Suid-Afrika tans…
Dis absoluut ongelooflik om deel te wees van die 55ste Graan SA NAMPO Oesdag. Wat 'n voorreg. Die terrein lyk pragtig en die uitstallers is gerat om groot besigheid te doen. Pulane Nel Sekepe gesels met Dr Pieter Taljaard, Graan SA Uitvoerende Hoofbestuurder, een van die mense wat hierdie ongelooflike…
Nog 'n interessante uitstaller by Graan SA se NAMPO Oesdag is natuurlik Harvest Bags… Hulle bied 'n wye reeks produkte vir verskeie gebruike veral in die landbousektor, wat noodsaaklike ventilasie bied, die produkte verbeter en die waarde van die produkte verhoog. Deon van Wyk vertel meer.
Die Rooivleisprodusente-organisasie het sy dank uitgespreek nadat die protokol op die riglyne vir die uitvoere van lewendige diere deur die Direkteur van Veterinêre Gesondheid gefinaliseer en gepubliseer is. OFM-nuus se Elsabé Richard-May gesels met die organisasie se Gerhard Schutte vir meer hieroor.
Grain SA’s NAMPO Harvest Day is kicking off today and we’re looking at an important and insightful feature of the event – the nation in conversation series which is facilitated by the CEO of Galileo Capital, Theo Vorster. In this discussion with OFM’s Olebogeng Motse, Theo shares what the overarching…
Daar nie net implemente en doepas vir diere by NAMPO Oesdag nie, daar is ook selfs iets vir die gesondheid van boere en hul gesinne… Marnitz Marais van Global Wellness sluit by Yolanda Maartens aan…
Hier by Graan SA se NAMPO Oesdag kry mens nie net raad en dinge om jou te help op die plaas nie, hier is ook 'n verskeidenheid goed om jou te help ontspan. Safari Outdoor is natuurlik wyd bekend vir hul jag en buitelewe aanbieding. Yolanda Maartens gesels met Jaco…
Meeste paaie wat na Bothaville in die Vrystaat lei, waar Graan SA se NAMPO Oesdag net buite dié dorp gaan plaasvind, lyk goed. Nampo Park-bestuurder, Bennie Zaayman, gesels met OFM-nuus se Elsabé Richard May hieroor.
Graan SA HUB, Pieter Taljaard gesels op die laaste dag van Suid-Afrika se grootste landbou skouspel, NAMPO Oesdag, oor hoe die week verloop het.
20 May 2022
1 min
100 – 120
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.