OFM Graan SA se NAMPO Oesdag 2026

Graan SA se NAMPO Oesdag 2026

Dis weer daardie tyd van die jaar waar die landboubedryf momentum kry! OFM is trots om weer by Graan SA se NAMPO Oesdag te wees – van 12 tot 15 Mei by NAMPO Park buite Bothaville.
Occasionally Afrikaans South Africa Business · News
148 Episodes
80 – 100

New Holland by Graan SA se Nampo Oesdag

Yolanda Maartens gesels met Jaco du Preez, Bemarkingsbestuurder van New Holland by vanjaar se Nampo Oesdag oor New Holland se bydra tot die sukses van jou Boerdery (Besigheid) met hulle tegnologiese masjienerie. Jaco vertel ons ook meer oor wat nuut is by hulle uitstalling en watter promosies daar vir Nampo…
15 May 2024 3 min

Akademia by Graan SA se Nampo Oesdag.

Wil jy graag in 2025 begin klasdraf? Akademia se studieaansoeke vir volgende jaar is reeds oop! Hulle het ook ʼn stalletjie by Nampo en Yolanda Maartens gesels met Carmen Pienaar, bemarkingsadviseur en Raino Botha, BA (Kommunikasie en Joernalistiek)-student van Akademia by Nampo.
15 May 2024 3 min

Ford by Graan SA se Nampo Oesdag

Pulane Nel-Sekepe gesels met Vanessa Terblanche, Handelsmerkbestuurder van Ford oor die bekendstelling van die nuwe Ford Territory, en watter ander produk hulle uitstal by die Nampo Oesdag.
14 May 2024 4 min

Global Wellness Enterprises by Graan SA se Nampo Oesdag.

Pulane Nel-Sekepe gesels met George Viljoen, Verkoopsbestuurder van Global Wellness Enterprises by vanjaar se Nampo oesdag oor hulle top verkoper, die draagbare Osoon stoom sauna en hoe dit die imuun stelsel help.
14 May 2024 4 min

Dr Tobias Doyer van Graan SA

Pulane Nel-Sekepe gesels met Dr Tobias Doyer, Uitvoerende Hoofbestuurder van Graan SA oor vandag se bywoning en atmosfeer by Nampo oesdag, waarna mense kan uitsien oor die volgende 3 dae sowel as Graan SA se verwagtinge met die 2024 Oesdag.
14 May 2024 3 min

John Deere aanbieding by NAMPO 2024

Yolanda Maartens gesels met Hentie Breedt, Bemarking en Kommunikasie bestuurder van John Deere oor die belangrikheid van hulle deelname by Nampo, sowel as nuwe trekkers.
14 May 2024 4 min

Agri SA Risiko- en Ramp Eenheid

Landbou is 'n bedryf wat met geweldige risiko gepaard gaan en dis 'n rede waarom min dit navolg of 'n sukses daarvan maak. Andrea Campher - Bestuurder: Risiko- en Ramp Eenheid by Agri SA sluit aan by Pulane Nel-Sekepe.
19 May 2023 3 min

FNB steun graanprodusente

Dawie Maree, FNB hoof van inligting en bemarking by FNB Agric vertel oor uitdagings in die graanbedryf en hoe FNB produsente bystaan.
19 May 2023 3 min

NAMPO oortref in 2023

Dit was 'n bedrywige week hier by Graan SA se NAMPO Oesdag... Danie Minnaar, voorsitter: Oesdag komitee sluit aan by Yolanda Maartens.
19 May 2023 4 min

Kry 'n kuur by Global Wellness

Marnitz Marais van Global Wellness kuier vir 'n laaste keer tydens Graan SA se NAMPO Oesdag 2023 op Mid-Morning Magic.
19 May 2023 6 min

Akademia kry jou reg vir die toekoms

Hoëronderrig bly belangrik en daar's deesdae soveel opsies om van te kies. Hoe maak mens seker dat jy nie die spreekwoordelike kat in die sak koop nie? Jeanmarie van Niekerk, studentewerwer van Akademia kuier op At Lunch om 'n paar vrae te beantwoord…
18 May 2023 3 min

Wagyuproduksie florerende mark

Suid-Afrika het tans sowat 140 Wagyu-boere wat dié liplekker vleis produseer, nie net vir die plaaslike mark nie, maar ook vir die internasionale mark. Elandri de Bruyn van die Wagyu-genootskap het met OFM-nuus se Elsabé Richard-May hieroor gesels …
18 May 2023 3 min

#BakkieArm samel R100 000 in vir Agri Securitas

‘n Bedrag van R100 000 is gister op NAMPO Park tydens Graan SA se Nampo Oesdag aan die Agri Securitas-trustfonds oorhandig ná OFM se suksesvolle #BakkieArm-fondsinsamelingsveldtog. Agri Securitas is ‘n nie-winsgewende organisasie wat hulle vir die verbetering van landelike veiligheid beywer. Elsabé Richard-May het ná dié oorhandiging met Agri SA…
18 May 2023 2 min

Agri SA - hier is ons met beurtkrag

Nicol Jansen, adjunk-president van Agri SA sluit by Pulane Nel-Sekepe aan om kwessies soos beurtkrag en wat Agri SA in hierdie vrerband vir sy lede doen, te bespreek.
17 May 2023 5 min
80 – 100